SA se geliefde Sonja sing hier

Die ikoniese Suid-Afrikaanse aktrise en sangeres wat bekend geword het vir liedjies soos “Ek verlang na jou”, “Harlekyn”, “Waterblommetjies”, “Skipskop” en “Jantjie”, Sonja Heroldt, kuier dié naweek in Namibië.
Sy lewer gereeld motiveringspraatjies in Suid-Afrika, waar sy haar lewenservaring met sang kombineer.
Die Afrikaanse musiekliefling tree môre in Otjiwarongo en Windhoek op ten bate van die Kankervereniging van Namibië (CAN).
Die dag skop om 09:00 af met ’n “oggend van omgee” by die krokodilplaas op Otjiwarongo. Kaartjies is beskikbaar by 081 129 0445 of [email protected] teen N$350 per persoon. Verversings is by die kaartjieprys ingesluit en ’n kontantkroeg is beskikbaar.
Later die dag om 18:30 vir 19:00, tree sy by die Guesthouse Terra Africa in Windhoek op. Kaartjies hiervoor kost N$500, met kaas en wyn ingesluit, en is beskikbaar by 061 237 740 of [email protected]. Gaste word versoek om skemerkelkiedrag of semiformeel aan te trek.