Tonne pret vir die kleinspan by Biltongfees

Die Biltongfees is terug met mening ná dit die afgelope twee jaar nie kon plaasvind nie.
Die fees, ’n projek wat deur die Nederduitsch Hervormde Kerk in Windhoek aangebied word, vind op Saterdag 30 Julie by die Trustco United-sportgronde plaas.
Die fees beloof om tonne pret aan die hele gesin te verskaf met kunstenaars soos Leah, Franja du Plessis, Jan Jan Jan en Jaco (Grappi) Claassens wat die hoofverhoog aan die brand gaan sing.
Hollard Namibia bied ook met trots die Hollard-pretpark aan met ure se pret wat vir die kleinspan gewaarborg is.
Hollard se bemarkingsvennoot, Drey-Andra van der Merwe, sê die pretpark sal ou gunstelinge soos springkastele, verfbal, gesigverf en ’n tombolatafel aanbied. Die kleinspan kan ook hul tyd by ’n sandkunstafel en ’n meganiese bul verwyl.
Kaartjies is nou beskikbaar, so maak seker jy kry joune by www.eticket.my.na.
Hou ons sosialemediaplatforms dop vir meer inligting!