LGBTQI+-vieringe skop af

Tanja Bause
Die Namibia Equal Rights Movement vier vir die volgende twee weke Pride Namibia.
Pride Namibia het afgeskop met die opknapping van die eerste LGBTIQ+-landmerk, die reënboogvlag voor The Brewers Market.
Volgens Venecia Shanjenka, Equal Rights se projekbestuurder, word die vlag vir die derde keer opgeknap en is dit die eerste keer dat die vieringe nie net in Windhoek plaasvind nie.
“In Swakopmund sal ons ’n lesing van die boek Alok: Beyond the Binary op 7 Desember by die Swakopmund Plaza Hotel aanbied. Ons sal ook die fliek Kapana in Groot Aub, Walvisbaai en Swakopmund wys.”
In Windhoek kan mense onder meer Queeraoke by The Wolfshack, Drag Night by Cafe Prestige, ’n uitstalling by The Project Room Galery en verskeie vertonings van die Kapana-fliek bywoon. Mense kan onder @equalnamibia of @namprideweek of in die sosiale media gaan inloer vir tye en datums en nog vele meer wat op die program is.
[email protected]