Jonck en Hess wenners by Rössmund
Rössmund Gholfklub by Swakopmund het laas Saterdag ‘n nuwe borg vir sy kompetisies bekendgestel, naamlik Waterbay Wood and Joinery (Kobus van Schalkwyk). ‘n Stewige veld van inskrywings het die baan gevul vir ‘n beterbal stableford wat ook ‘n klompie nuwe spelers verwelkom het. Die weerstoestande was tipies vir dié tyd van die jaar – warm, bedompig en ietwat winderig – en die verskil in die tellings was klein. Net een voëltjie is op ‘n syfer 3-putjie aangeteken, naamlik deur Douw van Wyk. Die algehele wenners was: 1 Quinton Jonck/Lester Hess (46 punte); 2 Thomas Shitaleni/Lukas Steven (44); 3 Marco Swarts/Kobus van Schalkwyk (43); 4 Wim Hollander/John Horne (41). Op die foto staan van links Thomas Shitaleni, Lukas Steven, Marco Swarts (voorsitter van Rössmund Gholfklub), John Horne, Kobus van Schalkwyk (borg), Wim Hollander, Quinton Jonck en Lester Hess. Foto verskaf


