Matyayi CoW se nuwe HUB

Moses Matyayi is aangewys as Stad Windhoek (CoW) se nuwe uitvoerende hoof (HUB).
Matyayi, wat tans dien as Otjiwarongo munisipaliteit se HUB, sal op 1 Augustus in Windhoek vir diens aanmeld.
Matyayi se aanstelling is Woensdag tydens die munisipaliteit se gewone maandelikse raadsvergadering deur burgemeester Joseph Uapingene aangekondig.
Matyayi se aanstelling volg op die verwerping van die aanbod deur Paaie-owerheid se HUB, Conrad Lutombi.
Uapingene het gesê die aanstelling val saam met die indiening van die 2023/2024-begroting en die begin van die nuwe finansiële jaar op 1 Julie 2023.
“Ek sien dit as 'n geleentheid om vorige breuke in leierskap opsy te sit met 'n gevoel van hernieude entoesiasme met 'n nuwe leier aan die stuur.”
Die Windhoek munisipaliteit is sedert November 2020 sonder 'n HUB ná die bedanking van die voormalige uitvoerende hoof, Robert Kahimise.