Pas In: Toegang tot Prosperita verbeter

Augetto Graig
Windhoek se munisipaliteit het aangekondig dat die noordelike toegang tot die Prosperita-nywerheidsgebied eerskomende Maandag heropen.
Dié pad, wat direkte toegang tot die noordekant van die gebied gee, was weens die uitbreiding van die westelike verbypad gesluit.
Die padwerke is nou voltooi en volgens Stad Windhoek sal die heropening minder verkeer in Michelle McLean-rylaan veroorsaak en beter toegang tot Prosperita bied.
#RepNuus