Stad se parkeerareas, meters onder nuwe bestuur

KeyPlot Investments en ChargeTech Namibia CC is deur die Windhoekse stadsraad aangestel om vir die volgende vyf jaar die openbare parkeerareas in die stad se sakekern te bestuur en in stand te hou.
Volgens die Tender Bulletin behoort KeyPlot Investments aan die Africa United Group, wat deur die Tilahun-familie besit word, terwyl ChargeTech Namibia laaipunte besit en verprei.
Volgens ’n munisipale woordvoerder, is die tender toegeken in ’n poging om parkering in die middestad, wat oorvol geraak het weens 'n toename in die aantal voertuie, te verbeter. Voorts sal KeyPlot die Town Square onderdakparkering, wat tussen Werner Liststraat en Mandume Ndemufayolaan geleë is, bestuur.
Dié maatskappy sal ook verantwoordelik wees vir die parkeerarea plwatek oorkant die Windhoek polisiestasie geleë is, asook alle straatparkeermeters binne die middestad, aldus ’n kennisgewing wat in die media gepubliseer is. “Die meterareas sluit Robert Mugabelaan, Julius Nyerere-straat (voorheen Lazarettestraat), Mandume Ndemufayo-rylaan en Prof Mburumba Kerinastraat (voorheen Bahnhofstraat) in,” volgens die kennisgewing.