Stormwaterstelsel spook by Rehoboth

Elizabeth Joseph
Rehoboth gemeenskapsaktivis Abes Kaibeb sê die dorp se uitvoerende hoof, Simeon Kanime, en sommige raadslede ignoreer die lot van die gemeenskap rakende vloede.
Kaibeb het in ’n telefoniese onderhoud beweer die grootste probleem waarmee die dorp te kampe het, is dat daar geen stormwaterstelsel in die dorp is nie.
“Een ander probleem is die rivierbedding reg by die ingang van Laerskool Rehoboth (RPS), waaroor die raad ’n brug moet bou. Al wat ons [die gemeenskap] vra, is dat hulle tydelike paadjies maak sodat die water wegvloei en die pad voor die twee skole vul,” het hy gesê.
Volgens die raad se woordvoerder, Desire Theunissen, is daar nie veel wat hulle op die oomblik kan doen nie, maar hulle werk daaraan.
“Dit is nie net die RPS nie, maar verskeie ander areas wat oorstroom word. Inwoners in Blok F het bevestig dat die water deurgevloei het. Ons kyk na maniere om die situasie reg te stel, maar tans is dit wat dit is,” het sy gesê .
In verskeie Facebook-plasings het raadslede Amanda Groenewaldt en Mara Beukes die erns van die oorstromings bespreek.
In een plasing sê Beukes: : Dit is verregaande dat ons inwoners, wat vir dienste betaal, jaar in en jaar uit hierdie gemors moet leef en aanvaar.”
In ’n ander plasing het Beukes gesê sy het die raad “gesmeek” om in Desember na die geaffekteerde gebiede te kyk, maar niks is gedoen nie.
“Kom ons gebruik nou die hande en breinselle om te druk,” het sy geskryf.
Beukes wou nie verder kommentaar lewer toe sy geroep is om kommentaar oor die saak te lewer nie.
Volgens Kaibeb bestaan die probleem al byna agt jaar, en die raad het deurlopend verwys na die bou van ’n brug, maar het tot dusver versuim om op te tree.
“Daar is sekerlik goedkoper maniere. Hulle praat van konsultante. Hoe bring jy konsultante in as die dorp reeds nie geld het nie? Mense soos Ralph Rittmann van Echo Service Station het my N$1 100 per uur gehef om sy padskraper te gebruik. Dit is 'n goedkoper oplossing,” het hy gesê.
RPS-skoolbeamptes het bevestig dat buurinwoners op die oomblik 'n paadjie deur hul erwe geskep het vir leerders om verby te gaan.