Stad ondersoek bobbejaanaanvalle

Ogone Tlhage
Die Windhoek munisipaliteit het onderneem om ’n voorval te ondersoek waarin bobbejane twee baba's in Okapale aan die buitewyke van die hoofstad aangeval het ten einde te verhoed dat soortgelyke situasies afspeel, het die woordvoerder Harold Akwenye, gesê.
“Gewoonlik, as ons ingelig word, probeer ons die diere wegjaag. Dit is ’n hartseer situasie,” het hy gesê.
Hy het opgemerk dat inwoners van die stad intrek neem aan areas waar wildediere voorkom, maar nietemin die voorval betreur.
Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie van die omgewing, sê bobbejaanaanvalle op mense is baie skaars, en het bygevoeg dat pogings aan die gang is om die betrokke families te betrek.
“Ons ontmoet die familie moontlik vandag [gister] sodat ons na oplossings kan kyk van die ministerie se beleid in terme van bystand,” het hy gesê.
Die vyf-maande oue Peya Heita is verlede Woensdag deur ’n bobbejaan uit haar gesin se sinkhuis gesleep terwyl sy geslaap het, terwyl haar niggie, 11-maande oue Natalia Petrus, vir die res van haar lewe letsels van die bobbejaanaanval sal dra. Petrus is einde September aangeval.
Heita, wat Saterdag aan haar beserings beswyk het, is deur die bobbejaan in ’n nabygeleë rivierloop ingesleep terwyl haar ma, Josephina Petrus, besig was om te kook, het haar tannie Salmi Petrus Sondag aan Namibian Sun gesê.
Die baba is na die Katutura Staatshospitaal gehaas, vanwaar sy na die Windhoek Sentrale Hospitaal oorgeplaas is vir ’n mediese prosedure.