Nagmark vier komende lenteseisoen

Yandi Du Plessis
Neigbourhood Market bied eerskomende Vrydag (1 September) weer sy gewilde nagmark by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) aan. Vier die koms van die lenteseisoen in ’n buitelug-atmosfeer terwyl jy smul aan heerlike straatkos, deur unieke stalletjies rondsnuffel en lewendige vermaak geniet. DJ DLA sorg vir die musiek saam met die Sunset Neighborhood Mix. Die geleentheid begin om 17:00 en toegang is N$30 per persoon.