NAPSO vier kuns en kultuur

Photo of the week
Privaatskool Moria op Outjo het met trots die Namibiese Privaatskole Organisasie (Napso) se NAPSO/NICTUS Kuns- en Kultuurfees in Outjo aangebied.
Vanuit die 11 Napso skole wat deelgeneem het, is 365 kunswerke deur ongeveer 500 kunstenaars as deel van die fees uitgestal. Bykans 700 mense het oor die drie dae hierdie kunsuitstalling en -optredes besigtig en bygewoon.
Gelyktydig is die immergewilde Napso/Spar/Build It Krieketfees aangebied.
Napso doen ’n beroep op al sy skole om leerlinge soveel as moontlik bloot te stel aan verskeie sportsoorte. Krieket is lank reeds gevestig as een van Namibië se gunsteling sportkodes en Napso is geweldig trots om ’n platform aan hierdie sport te bied.
FOTO VERSKAF