Heino is weer hier!
Barry De Klerk
Die Duitse kunstenaar Heino, wat jare gelede reeds bekendheid in Namibië verwerf het en steeds uiters gewild veral onder die ouer garde is, is in Windhoek en het Dinsdag by Windhoek Express se kantoor besoek afgelê. Hy is in die land om Vrydagaand by die Nacht des Deutschen Schlagers-musiekfees wat op die SKW-terrein in Windhoek plaasvind, op te tree. Hier is Heino saam met Limba Mupetami, een van Windhoek Express se joernaliste.