NCA ontvang groot

Yolanda Nel
Yolanda Nel

Die Namibiese sjefsvereniging (NCA) het verlede week ‘n groot borgskap van F. Dick ontvang, toe die maatskappy 12 messtelle aan die NCA oorhandig het.

Volgens Heinz Krumrey van Crown Mills, is dit vir hulle belangrik om betrokke te raak en ondersteuning te bied. Die 12 stelle is spesiaal met die NCA-handelsmerk gegraveer. Crown Mills is ‘n agent vir F. Dick en het die oorhandiging behartig.

Heinz het tydens die oorhandiging gesê dat alle lede van die NCA spesiale afslag op hierdie messe kry.

Die NCA is opgewonde oor hierdie borgskap. “Dit neem ons een stap nader aan waar ons moet wees. Wanneer jy toegerus word met kwaliteit gereedskap, word jy instaat gestel om ‘n beter produk te lewer,” het Sean Stevenson van die vereniging gesê.

Namibië se sjefs kompeteer byvoorbeeld teen lande soos Abu Dhabi, wat oor enorme begrotings beskik. “Op finansiële vlak kan ons nie kompeteer nie, maar borge soos dié maak dit moontlik om op dieselfde vlak te kompeteer. Ons lyk ook meer professioneel,” het hy gesê.