WAP trots op hokkiespelers

Mariana Balt
WAP se hokkiespelers het by die jaarlikse prysuitdeling van die Namibiese Hokkieunie (NHU) met vele toekennings weggestap. Anine le Roux (o.8) is aangewys as die algeheel beste puntemaker in al die ouderdomsgroepe. Sy het ? fenomenale 70 uit die totaal van 98 doele aangeteken. Duré Boshoff is as die beste voorspeler in haar ouderdomsgroep aangewys en Christiaan Spangenberg as die beste verdediger in sy ouderdomsgroep. Christaan du Raan is die beste middelveldspeler in sy ouderdomsgroep en Dylan Barnard is die top puntemaker vir 0.12 seuns met 15 doele.