ACE se modelle wys hul slag

’n Droom het in 2013 vir Daphne Voigts ’n werklikheid geword toe sy by een van Suid-Afrika se voorste modelskole ingekoop het.
ACE Models International bestaan uit 28 takke in Suid-Afrika en het internasionale status behaal toe Daphne die tak in Namibië geopen het. Verlede jaar het ACE Models ook sy vlerke verder gesprei, met die opening van ’n tak in Australië.
Intussen groei ACE Models op plaaslike bodem goed en het daar intussen ook takke op Grootfontein en Tsumeb, en op Walvisbaai en Swakopmund geopen.
Deel van die ACE Models se leerplan is die jaarlikse Mr & Miss ACE Model Namibia, wat vroeër hierdie maand gehou is. Die beoordelingspaneel het bestaan uit voormalige Mej Namibië-titelhouers Nadja Breytenbach (2019 & 2020), Selma Kamanya (2018), Luzaan van Wyk (Visser) (2011) en Odile Gertze (2010). Die ouditere vir die aand was Ingo en Adel Oosthuizen.
Die modelle het vooraf onderhoude gevoer met voormalinge ACE Model sowel as Mej Namibië 2016 Lizelle Esterhuizen, en het punte daarvoor verdien, met die finale punte wat ná hul loopplankstap toegeken is.
Die Top 5 in elke kategorie is gekies en hul algemene kennis is getoets deur vrae op die verhoog te beantwoord. Hulle het in twee groepe deelgeneem, naamlik Beginners & Gevorderd. Tydens die geleentheid is Mej. Fotogenies in elke ouderdomsgroep ook aangewys.
Modelle tussen die ouderdom van vier en 22 jaar oud het deelgeneem. Vir van die deelnemers was dit hul eerste keer op die loopplank en boonop nog voor ’n saal vol toeskouers ook.
Die uitslae is as volg:
Beginners:
Little Miss ACE Model Namibia: Zulieka de Langen
1ste prinses: Ena Iyaloo Iipinge
2de prinses: Jessica Andreas
Junior Miss ACE Model Namibia: Meiling Andreas
Pre-teen Miss ACE Model Namibia: Gabriela Teixeira
1ste prinses: Ronique Goncalves
2de prinses: Chantel Boeren (ook Mej Fotogenies)
Teen Miss ACE Model Namibia: Taryn Koff
1ste prinses: Makayla Buys
2de prinses: Jolie Mutambo
Mej Fotogenies: Laurell Hendrickse
Senior Miss ACE Model Namibia: Chante van Wyk (ook Mej. Fotogenies)
1ste prinses: Beatrix Hamann
2de prinses: Kyla Swartz
Gevorderd:
Junior Miss ACE Model Namibia: Chrislee Durand (ook Mej. Fotogenies)
1ste prinses: Laliq Adams
Pre-teen Miss ACE Model Namibia: Lulu van Rhyn
1ste prinses: Maya Grobler (ook Mej. Fotogenies)
Teen Miss ACE Model Namibia: Shane Venter (ook Mej. Fotogenies)
1ste prinses: Kelly-Ann Scholtz
2de prinses: Lelita Esterhuizen
Senior Mej ACE Model Namibia: Kelly-Ann Basson
1ste prinses: Quintina Tjizumaue
2de prinses: Ndeshipewa Angula
Mej Fotogenies: Kaylinn Bock
Ander toekennings
Beste droombord: Daneille Beukes
Beste onderhoud: Wardah Cupido
Beste loopplank: Ndeshipewa Angula
Beste “Pageant”: Wardah Cupido
Beste drag (nie net mooiste rok nie, maar mooiste ‘prentjie’): Beatrix Hamman
Regisseurskeuse (iemand wat die ekstra myl gaan): Chante van Wyk
Advies
As finale woord van advies, sê Daphne dat nes elke seun droom om eendag ’n Springbok rugbytrui oor sy kop te trek, so droom elke model om eendag op ’n internationale loopplank saam met groot name te stap. “Ons eie Bahati Prinsloo het ’n groot deurbraak gehad en ’n Victoria Secret Angel geword. Dis meeste se droom. Ek wil elke model help om die beste weergawe van hom- of haarself te wees; om die wêreld vierkantig in die oë te kyk en trots te wees op wie en wat hulle is - al is dit nie ’n Victoria Secret Angel nie,” sê sy.
“Dit wat hulle hier leer, is lewenservaring. Hoe om aan te trek vir ’n onderhoud, hetsy vir ’n werksonderhoud of skoonheidskompetisie, hoe om hard en duidelik te praat, en watter beeld om na buite uit te dra op sosiale media en in die regte lewe. By ACE Models glo ons dat met harde werk en toewyding, jou drome bewaarheid kan word!”
Die volgende groot geleentheid is in Augustus by ACE Models se jaarlike konferensie waar om en by 500 ACE modelle bymekaar kom om die loopplank te bemeester en waar modelagentskappe die geleentheid kry word om modelle te teken.