Chani teken by Co Productions

Die 25-jarige Namibiese skoonheid en Mej. Supranational titelhouer, Chanique Rabe, is beslis baie meer as net 'n mooi gesiggie.
Chani is tans besig om die wêreld plat te reis vir die Mej. Supranational-kompetisie voor sy in Julie vanjaar haar kroon aan haar opvolger in Pole oorhandig.
Gebore en getoeë in Windhoek het hierdie dinamiese dame nie net haar visier op modelwerk nie. Sy is ook ’n modeontwerper en betrokke by haar eie liefdadigheidsorganisasie.
Sy is nou eksklusief by CO Productions vir besprekings as emcee, beoordelaar, TV-aanbieder en motiveringspreker. Chanique sal ook permanent na Pretoria, SA, verhuis na afloop van die kroonoorhandiging en sien uit na die nuwe hoofstuk wat voorlê.