Die prinses tussen die lelies

Tanja Bause
Mej Tiener Namibia 2022, Zoë Karsten, het die afgelope week, soos vele ander Namibiërs, die lelies op die plaas Sandhof naby Maltahöhe besoek. Hierdie besoek en fotosessie was ter voorbereiding vir haar Internasionale deelname in Cambodja gedurende Junie 2023. Sy beoog om die kompetisie as platvorm te gebruik om Namibië as toeristebestemming te bemark. Die lelies is ‘n besonderse natuurverskynsel wat slegs blom nadat die pan voldoende reën ontvang het tydens die reënseisoen. Die lelies blom slegs vir ‘n paar dae. In die middel van die Mej Tiener kroon is ‘n diep pienk-pers lelie van stene. Foto Kris Alexander (Southern.X studio)