Klawerberg-wildsveiling suksesvol

Francoise Steynberg
Die Klawerberg en Vriende-wildsveiling wat Agra Auctions op Midgard Country Lodge in die Okahandja-distrik aangebied het, word as ’n reusesukses beskryf. Die hoogste prys van N$250 000 is betaal vir ’n skildergemsbok, gevolg deur N$230 000 vir ’n goue wildebees. ’n Bastergemsbokbul het gegaan vir N$175 000 en tot N$150 000 is vir ’n swartwitpensbul opgedok. Dié wit koedoebul, Ghost, het N$82 000 op die veiling behaal. Foto verskaf