Mini-gholfdag vir renosterbewaring

Francoise Steynberg
Die Rhino Momma-projek bied op 16 Maart ’n mini-gholftoernooi by die Swakopmund Adventure Park & Paintball Centre in dié kusdorp aan om geld vir renosterbewaring in te samel.
Kom geniet ’n heerlike dag met mini-gholf en musiek terwyl jy help om Namibië se renosters te beskerm en te bewaar.
Al die geld wat ingesamel word, is geoormerk vir teenstropery, die onthoring van renosters om stropery te voorkom en inentings teen hondsdolheid en antraks om die renosters gesond te hou.
Inskrywings per span van vier lede beloop N$4 500, wat ’n ligte ete insluit. Ondernemings kan ’n putjie teen N$1 000 borg waar hulle hul vlae en gazebo’s kan opsit.
Die wenspan stap weg met ’n besoek aan die Kifaru Luxury Lodge & Bush Camp waar hulle die unieke geleentheid sal hê om die renosters te sien wat hulle ondersteun.
Vir verdere navrae en inskrywings, stuur ’n e-pos aan [email protected].
[email protected]