Roots College ingewy

Zoe Karsten
Zoë Karsten – Die nuwe Roots College het sy deure op 27 Februarie vir voornemende landboustudente oopgemaak.
Die amptelike opening het by Curro Windhoek Gymnasium in die hoofstad plaasgevind waar studente hul teoretiese opleiding sal ontvang. Die praktiese opleiding sal by die Roots-projek op Stampriet plaasvind.
Studente en hul ouers het die geleentheid bygewoon asook die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni.
“Ons as ’n span wil verseker dat elke student ’n plek en ’n geleentheid vir hul toekoms in die landbou vind,” het dr. Johan Rieckert van Roots gesê.