Veeprodusente herinner om te registreer

Elvira Hattingh
Die Vleisraad van Namibië het lewendehaweprodusente die afgelope week daaraan herinner om by die raad te registreer en dat hul registrasie elke vyf jaar hernu moet word.
Dit is ingevolge Artikel 12 van die Wet op die Vleisbedryf van 1981.
Tans is aansoekvorms landswyd beskikbaar by alle kantore van die direktoraat van veeartsenykunde (DVS-kantore) asook die direktoraat vir landbouproduksie, ondersteunings- en ingenieursdienste (Dapees-kantore), of by die Vleisraad se streekkantore op Ongwediva, Rundu en Katima Mulilo.
Die vorm is ook aanlyn beskikbaar by www.nammic.com.na.
Die Vleisraad het intussen ’n gratis aanlyn registrasiefunksie bekendgestel vir alle nuwe boere wat wil registreer, of om jou registrasie te hernu. Die funksie is beskikbaar op die Vleisraad se webwerf onder die “Meat Board Portal”.
Nuwe boere of diegene wat die aanlyn diens vir die eerste keer besoek, kan ook op die webwerf daarvoor registreer.
Vir meer inligting, kontak Lallie Umati Kandari by 061 275 858 of Desmond Cloete by 061 275 877.
[email protected]