Bartsch en Himmel kraai koning in die Noorde
Die derde ronde van die Namibiese nasionale tydrenkampioenskap het die afgelope Saterdag weer sy gebruiklike vuurwerke by Tsumeb gelewer.
Wido Bartsch en sy navigator, Raymond Fourie, het Saterdagnamiddag die sedan-afdeling (S-klasse) van die 2026 Tsumeb-tydren algeheel in 1 uur 5 minute en 11 sekondes gewen.
Die Challenge Rally (CR3) is deur Marko Himmel en navigator Francois Schoonbee in 1:00:26 oorheers. Himmel was só vinnig dat hy selfs Bartsch se blitsige S4-klas Toyota Yaris met 4 minute 45 sekondes oor die 104 kilometer en tien spesiale sneldele uitgestof het.
Die Bartsch/Fourie-span het al tien sneldele ingepalm, terwyl Himmel en Schoonbee nege van die tien gewen het. MP Pretorius en Anja Pretorius het die negende sneldeel in 5:03, teenoor Himmel se 7:07, gewen. Himmel en Schoonbee het die Pretorius-span egter met 51 sekondes algeheel geklop.
Richard Himmel en Adolf Botes het die S1-klas in 1:07:46 gewen. In die CR2-klas het Werner Bartsch en Christel Fourie eerste in 1:12:06 geëindig, terwyl SJ Schoeman en Chané Havenga die CR1-klas in 1:14:53 gewen het.
Ses van die agt inskrywings in die S-klasse het die tydren suksesvol voltooi. Zachary Martin en Anique Schoeman (S2) het die eerste sneldeel voltooi, maar moes daarna onttrek. Donovan Vermaak en Len Folscher (S1) het wel die kompetisie onder die supertydrenreëls voltooi, maar hul tyd is nie amptelik gereken nie.
Agt van die nege spanne in die CR-afdeling was suksesvol. Steven Marnewick en Roche Louw (CR3) moes ná die tweede sneldeel halt roep.
Volledige uitslae
Sedan-afdeling
Algeheel
1 Wido Bartsch/Raymond Fourie (S4), 2 Richard Himmel/Adolf Botes (S1), 3 Stefan Bartsch/Alexa Montagu-Fryer (S1).
S1-klas (1.6-liter-enjins, 2x4-aandrywing)
1 Richard Himmel (Windhoek Motorklub, WMK) en Adolf Botes (WMK), Toyota Etios (1:07:46); 2 Stefan Bartsch (Walvisbaai Motorklub, WBMK) en Alexa Montagu-Fryer (WBMK), VW Polo (1:12:44); 3 Kai Pretorius (WMK) en Oliver Pretorius (WMK), Toyota Corolla (1:16:29); 4 Pieter Greeff (WBMK) en JP Robinson (WBMK), Toyota Corolla (1:16:29).
Supertydrenreëls: Donovan Vermaak (Swakopmund Motorklub, SMK) en Len Folscher (SMK), Toyota Corolla (1:21:01).
S2-klas (2-liter-enjins, 2x4-aandrywing)
1 Jaco Coetzer (Tsumeb Motorklub, TMK) en Koos Coetzer (TMK), VW Golf Mk1 (1:18:20).
Zachary Martin (WBMK) en Anique Schoeman (WBMK), VW Polo (onttrek).
S4-klas (1.6-turbo- en 2-liter-enjins, 4x4)
1 Wido Bartsch (WBMK) en Raymond Fourie (WBMK), Toyota Yaris (1:05:11).
Challenge Rally-afdeling (veldtydren vir bakkies en doelgeboude voertuie)
Algeheel en CR3 (spesialiteitsvoertuie, 4x4)
1 Marko Himmel (TMK) en Francois Schoonbee (TMK), Navara EVO (1:00:26); 2 MP Pretorius (WMK) en Anja Pretorius (WMK), V8 Renault Duster (1:01:17); 3 Ruaan Viviers (WMK) en Cecil Koorts (WMK), V8 Century CR6 (1:04:07).
Steven Marnewick (SMK) en Roche Louw (WMK), Zarco (onttrek).
CR1 (enige enjingrootte, 2x4-aandrywing)
1 SJ Schoeman (WBMK) en Chané Havenga (WMK), Toyota Hilux GD6 (1:14:53); 2 Ekko Eisenberg (WMK) en Horacio Rietz (WMK), V8 Lexus JAC (1:15:23); 3 Rossouw Bezuidenhout (WBMK) en Michael Maritz (WBMK), V8 Toyota Hilux (1:20:07).
CR2 (V8's, 4x4)
1 Werner Bartsch (WBMK) en Christel Fourie (WBMK), V8 Land Rover Defender (1:12:06); 2 Stefan Labuschagne (WMK) en René Botha (WMK), V8 Lexus JAC (1:12:57).
Die Tsumeb-tydren is ondersteun deur Power Line Africa, YouTrack Fleet Management, Commercial Truck Parts Africa, Northern Security & Alarm Systems, IMB Imberbe Logistics, Bank Windhoek, TDL Trans Desert Logistics en Minen Hotel. – [email protected]


