Behendigste rollers pak mekaar in Windhoek

Rolbal
Tielman Van Lill
Die Namibiese Rolbalvereniging se weeklange nasionale kampioenskap met sewe deelnemende klubs het Saterdag by die Eros- en Windhoek-rolbalklub afgeskop.
Spelers van die rolbalklubs Walvisbaai, Swakopmund, Tsumeb, Windhoek, Eros, Omeya en United pak mekaar in die nasionale kampioenskap. Die kampioenskap duur tot komende Saterdag wanneer al die eindstryde beslis sal word.
Tydens die spogkompetisie se openingseremonie die vorige aand by die Eros-klub is uitblinkers in 2023, genomineer deur medespelers, vir hul bydrae vereer.
Die jong Hailey van Wyk is as die mees belowende speler aangewys, terwyl Waylon Wentzel uitsonderlike bydraes tot rolbal gelewer het. Johan Jacobs het uitstekende sportmanskap getoon. Die onder 30-kombinasie Amy Human en Waylon Wentzel is as die span van die jaar gekies. Kat Steenkamp en Diana Viljoen is as die topspelers van die jaar uitgewys.
Die vernaamste nasionale kampioene vir 2023 (naaswenners tussen hakies):
Enkelspel vroue: Marietjie van den Berg (Amy Human).
Enkelspel mans: Kat Steenkamp (André Campbell).
Parespel vroue: Diana Viljoen en Bianca Lewis (Huipie van Wyk en Hailey van Wyk).
Parespel mans: Colin Peake en Steven Peake (Axel Krahenbuhl en Kat Steenkamp).
Gemengde pare: Axel Krahenbuhl en Marinda Bezuidenhout (Colin Peake en Amy Human).
Driespel vroue: Diana Viljoen, Bianca Lewis en Marinda Bezuidenhout (Lesley Vermeulen, Michelle Vermeulen en Poppie van der Heuvel).
Driespel mans: Axel Krahenbuhl, Schalk van Wyk en Kat Steenkamp (Freddie Fouché, André de Vries en Quintin Butcher).
Vierspel vroue: Huipie van Wyk, Hailey van Wyk, Monique Thorburn en Danelle van Wyk (Lesley Vermeulen, Elna Esterhuizen, Michelle Vermeulen en Amy Human).
Vierspel mans: Axel Krahenbuhl, Willie Esterhuizen, Schalk van Wyk en Kat Steenkamp (Steven Peake, Johan Jacobs, Colin Peake en Piet du Plooy).
Persoonlikheid van die toernooi: Lesley Vermeulen (vroue) en Desmond van der Smit (mans).
Speler van die toernooi: Hailey van Wyk (vroue) en Kat Steenkamp (mans).
[email protected]