Desert Ice lewer warm aksie
Die 2026 Nedbank T20 Desert Ice Challenge word môre en Sondag met twee kragmetings by Wanderers in Windhoek voortgesit.
Die Spur Steak Ranches Warriors en Supatronix Unam Zebras pak mekaar Saterdag om 14:00, terwyl die Etungu Kudus en Crazy Monkey CCD Tigers tot Sondag om 09:00 vir hul ontmoeting moet wag.
Die agt spanne wat nog in die wedloop is om as kampioen gekroon te word, is die Crazy Monkey CCD Tigers, Autohaus Windhoek Central Sunrisers, Etungu Kudus, BDO Gobabis Bulls, Moola Betting Green Mambas, YouTrack Fleet Management Run Whisperers, Spur Steak Ranches Warriors en Supatronix Unam Zebras.
Toeskouers kan môre en Sondag weer vurige T20-krieket verwag. Uitstaande individuele vertonings is reeds deur kolwers en boulers in die eerste 21 wedstryde gelewer. Shaun Fouché se 104 lopies (nie uit nie) vir die Central Sunrisers is steeds die hoogste individuele telling. Joss Zondagh van die Green Mambas spog met die beste boulsyfers van vier paaltjies vir slegs 13 lopies. Die hoogste spantelling (210/6) is deur die Green Mambas aangeteken, terwyl die laagste telling (42 almal uit) ongelukkig aan die Kudus behoort.
Die kolwers het altesaam 5 370 lopies in 21 kragmetings aangeteken, waarvan 2 950 deur grenshoue behaal is. Die boulers het op hul beurt 282 paaltjies in 4 522 afgelewerde balle geneem.
Grenshoue
Viere: 407 (1 628 lopies) – gemiddeld 19 per wedstryd.
Sesse: 222 (1 332 lopies) – gemiddeld 11 per wedstryd.
Negentien vyftigtalle en een honderdtal is aangeteken. Een-en-vyftig kolwers is vir ’n nulletjie uitgehaal, terwyl 139 vangskote benut is.
Suksesvolste lopiemakers
- Nicol Loftie-Eaton – 264 lopies van 174 balle (Green Mambas)
- Shaun Fouché – 231 van 152 (Central Sunrisers)
- Tonde Musakanda – 161 van 139 (Unam Zebras)
- Henry Hayes – 153 van 64 (Green Mambas)
- Jaco le Roux – 143 van 120 (Spur Warriors)
Meeste paaltjies
- Kairavbir Singh – 10 paaltjies vir 88 lopies in 12 boulbeurte (Run Whisperers)
- Jurie Engelbrecht – 8 vir 89 in 13.2 bb (Spur Warriors)
- Ruan Conradie – 8 vir 128 in 13 bb (Central Sunrisers)
- Geo Haasbroek – 8 vir 124 in 13 bb (CCD Tigers)
- Assad Abbas – 7 vir 46 in 7 bb (Run Whisperers)
Ranglyspunte van die topvyf spelers
- Nicol Loftie-Eaton – 504 (Green Mambas)
- Shaun Fouché – 503 (Central Sunrisers)
- Herman van Zyl – 385 (Warriors)
- Junior Taanyanda – 350 (CCD Tigers)
- Jaco le Roux – 348 (Warriors)
Puntetabel
- Green Mambas – 8 punte (4 seges uit 5 wedstryde)
- Gobabis Bulls – 8 (4 uit 5)
- Run Whisperers – 6 (3 uit 4)
- CCD Tigers – 6 (3 uit 5)
- Central Sunrisers – 4 (2 uit 5)
- Warriors – 4 (2 uit 6)
- Kudus – 4 (2 uit 6)
- Unam Zebras – 2 (1 uit 6)


