Dis die Eagles teen Vidarbha
Die FNB Eagles, Namibië se senior nasionale manskrieketspan, neem vanaf 2 tot 10 Julie in vyf eendagwedstryde (50 boulbeurte) teen ’n staatspan van die Vidarbha Krieketvereniging van Indië in Windhoek te staan kom.
Die vyf botsings vind elke tweede dag by die FNB Namibiese Krieketstadion en die High Performance Oval in Olympia plaas. Craig Williams, hoofafrigter van die Eagles, sê geen kanse is gevat nie en die beste moontlike span is vir die reeks gekies.
Dié oefenreeks is ideaal vir die Eagles se voorbereiding vir hul Krieketwêreldbeker Liga 2-verpligtinge vandeesmaand teen Nederland en Nepal in die hoofstad. Namibië sal twee Internasionale Eendagwedstryde (ODI’s) teen elk van die besoekers speel.
Gerhard Erasmus sal opnuut die hoofvlieënier van die Eagles wees. Die span is ’n goeie mengsel van ervaring en jong, geesdriftige talent. Die drie nuwelinge in die span is Waldo Smith, Junior Taanyanda en Alexander Volschenk.
Die Namibiese span: Gerhard Erasmus (kaptein, kolwer/bouler), Zane Green (paaltjiewagter, kolwer), Malan Kruger (kolwer), Dylan Leicher (bouler), JJ Smit (bouler/kolwer), Michael van Lingen (kolwer), Nicol Loftie-Eaton (kolwer/bouler), Waldo Smith (bouler), Louren Steenkamp (kolwer), Ben Shikongo (bouler), Jan Frylinck (kolwer/bouler), Ruben Trumpelmann (bouler), Max Heingo (bouler), Jack Brassell (bouler), Bernard Scholtz (bouler), Alexander Volschenk (kolwer), Junior Taanyanda (kolwer) en JC Balt (bouler/kolwer).
Die Indiese span: Yash Kadam (kaptein), Yash Rathod (onderkaptein), Danish Malewar, Adhyan Daga, Rohit Binkar, Vedant Jajoo, Parth Rekhade, Mandar Mahale, Faiz Sheikh, Aaditya Thakre, Nachiket Bhute, Saurabh Dubey, Sanmesh Deshmukh, Jagjot Sasan, Varun Bist en Gaurav Farde.
Die spanne in die Krieketwêreldbeker Liga 2-kompetisie is: Verenigde State (43 punte), Skotland (38), Nederland (32), Oman (31), Nepal (24), Kanada (24), Namibië (22) en die Verenigde Arabiese Emirate (14


