Eagles beklink tweede oorwinning teen Vidarbha

Krieket
Die FNB Eagles het hul goeie vorm voortgesit deur Vidarbha met sewe paaltjies in Windhoek te klop en sodoende 'n tweede agtereenvolgende oorwinning in die vyfwedstryd-eendagreeks te behaal.
Tielman van Lill

Die FNB Eagles het Saterdagmiddag hul tweede eendagwedstryd (50 boulbeurte per span) teen Vidarbha, die besoekende Indiese staatspan, by die FNB Namibië Krieketstadion in Windhoek met sewe paaltjies gewen.

Dit was Namibië (228/3 in 47.2 boulbeurte) se tweede agtereenvolgende oorwinning in die reeks van vyf wedstryde teen Vidarbha (210 almal uit in 45.4 boulbeurte).

Gerhard Erasmus, kaptein van die Eagles, het die loot gewen en die besoekers ingestuur om eerste te kolf. Vidarbha het sy openingskolwers vir slegs 24 lopies verloor, waarna Mandar Mahale op nommer drie die beurt gestabiliseer en 72 lopies van 89 balle aangeteken het. Teen die tyd dat hy uitgehaal is, was die besoekers op 122/5 en onder groot druk.

Nadat Ruben Trumpelmann (drie paaltjies vir 45 lopies in tien boulbeurte) die meeste skade aangerig het, het Nicol Loftie-Eaton ingestap en die laaste twee paaltjies met sy draaiballe laat kantel sonder om 'n lopie af te staan.

Michael van Lingen het, nadat hy bykans twee jaar lank nie vir Namibië gespeel het nie, die Eagles se kolfbeurt saam met Alexander Volschenk geopen. Ongelukkig het hy sy paaltjie vir net 12 lopies verloor voordat hy sy beurt behoorlik kon vestig.

Volschenk (70) het sy tyd geneem en saam met Jan Frylinck (80), die speler van die wedstryd, 'n vennootskap van 142 lopies vir die tweede paaltjie in 27 boulbeurte opgebou. Frylinck het ook geduldig gekolf en sy 96 balle oordeelkundig benut.

Louren Steenkamp op nommer vier (38* nie uit nie) en Zane Green op nommer vyf (22* nie uit nie) het die Eagles veilig oor die wenstreep geneem.

Vidarbha het agt boulers ingespan.


Lopies vir Vidarbha

1 Adhyayan Daga (5 lopies, 6 b, 1x4, treftempo 83%),

2 Rohit Binkar (19, 28 b, 1x4, 1x6, 68%),

3 Yash Rathod (29, 39 b, 4x4, 74%),

4 Mandar Mahale (72, 89 b, 5x4, 1x6, 81%),

5 Yash Kadam (17, 13 b, 3x4, 131%),

6 Aditya Ahuja (8, 12 b, 1x6, 66%),

7 Jagjot Singh (28, 48 b, 2x4, 58%),

8 Parth Rekhade (11, 15 b, 1x6, 73%),

9 Varun Bisht (14, 16 b, 2x4, 87%),

10 Aditya Thakre (1*, 6 b, 16%),

11 Saurabh Dubey (0, 3 b).

Ekstralopies: 22. Grenshoue: 22 (18x4, 4x6) – 96 lopies.


Paaltjies vir Namibië

Ruben Trumpelmann (3/45 in 10 boulbeurte, ekonomie 4.5).

JJ Smit (2/32 in 9, 3.56).

Jack Brassell (1/66 in 10, 6.6).

Waldo Smith (0/57 in 9, 6.33).

Gerhard Erasmus (2/24 in 7, 3.43).

Nicol Loftie-Eaton (2/0 in 4 balle, 0).


Namibië se lopies

1 Michael van Lingen (12, 11 b, 1x4, 109%),

2 Alexander Volschenk (70, 98 b, 5x4, 2x6, 71%),

3 Jan Frylinck (80, 96 b, 9x4, 1x6, 83%),

4 Louren Steenkamp (38*, 56 b, 1x4, 1x6, 68%),

5 Zane Green (22*, 23 b, 2x4, 1x6, 95%).

Ekstralopies: 6. Grenshoue: 23 (18x4, 5x6) – 102 lopies.

Nie gekolf nie: Jack Brassell, Gerhard Erasmus, Nicol Loftie-Eaton, Ruben Trumpelmann, JJ Smit en Waldo Smith.


Vidarbha se paaltjies

Saurabh Dubey (1/32 in 7, 4.57).

Aditya Thakre (0/38 in 6, 6.33).

Parth Rekhade (2/44 in 10, 4.4).

Adhyayan Daga (1/18 in 4, 4.5).

Jagjot Singh (0/34 in 8, 4.25).

Mandar Mahale (0/35 in 7, 5).

Yash Kadam (0/21 in 5, 4.2).

Varun Bisht (0/4 in 2 balle, 12).

Die laaste twee wedstryde word op 8 en 10 Julie gespeel. - [email protected]