Falcons beklink reeks teen Nigerië
Waldo Smith het Maandag by die High Performance Oval in Windhoek ses paaltjies vir slegs 14 lopies in nege boulbeurte geneem. Sy uitmuntende vertoning het hom die speler van die wedstryd gemaak in die Namibiese Falcons se sespaaltjie-oorwinning oor Nigerië.
Dit was die Falcons se derde en laaste eendagwedstryd (50 boulbeurte), waarmee hulle die reeks met 3-0 beklink het.
Nigerië het eerste gekolf en is vir 162 lopies in 39.3 boulbeurte uitgeboul. Namibië het die wenteiken in net 29.1 boulbeurte bereik en met 165/4 geëindig.
Michael Muller (59* nie uit nie) het weer 'n belangrike bydrae met die kolf gelewer, terwyl Junior Taanyanda (39) hom goed ondersteun het.
Albei spanne het 21 grenshoue aangeteken. Namibië se 18 viere en drie sesse het 90 lopies opgelewer, terwyl Nigerië se 16 viere en vyf sesse 94 lopies op die telbord geplaas het.
Nigerië se lopies (162 almal uit in 39.3 boulbeurte)
Runsewe Sulaimon (16 lopies, 23 balle, 3x4, treftempo 69%), Chilemanya Salomon (6, 12 b, 1x4, 50%), Salau Selim (32, 44 b, 2x4, 2x6, 72%), Rahmon Ali (17, 14 b, 2x4, 1x6, 121%), Isaac Danladi (0, 1 b), Elijah Olaley (6, 26 b, 1x4, 23%), David Ankrah (4, 17 b, 23%), Mirackle Akhigbe (6, 6 b, 1x4, 100%), Kenneth Boniface (51, 50 b, 5x4, 2x6, 102%), Peter Aho (13* nie uit nie, 38 b, 1x4, 34%), Ismail Abdullahi (0, 6 b).
Ekstralopies: 11. Grenshoue: 21 (16x4, 5x6).
Paaltjies vir Namibië
William Lottering (1/39 in 8 boulbeurte, ekonomie 4.88), Ben Shikongo (0/52 in 7, 7.43), Kyle van Santen (0/16 in 6, 2.67), Waldo Smith (6/14 in 9, 1.56), Salomon Nuuyoma (2/22 in 5, 4.40), Adriaan Coetzee (0/7 in 3, 2.33), WP Myburgh (1/12 in 1.3, 8.00).
Namibië se lopies (165/4 in 29.1 boulbeurte)
Tiaan van der Merwe (13, 21 b, 2x4, 61%), WP Myburgh (16, 16 b, 3x4, 100%), Junior Taanyanda (39, 36 b, 4x4, 2x6, 108%), Michael Muller (59 nie uit nie, 70 b, 6x4, 1x6, 84%)**, Henré Opperman (22, 26 b, 3x4, 84%), Kyle van Santen (4 nie uit nie, 7 b, 57%).
Ekstralopies: 12. Grenshoue: 21 (18x4, 3x6).
Nie gekolf nie: William Lottering, Salomon Nuuyoma, Ben Shikongo, Waldo Smith en Adriaan Coetzee.
Topkolwers van die reeks
- Michael Muller – 119 lopies
- Nicol Loftie-Eaton – 106
- JC Balt – 105
- Rahmon Ali – 95
- Kenneth Boniface – 92
Topboulers
- Waldo Smith – 6/14
- William Lottering – 6/105
- Ben Shikongo – 5/121
- Nicol Loftie-Eaton – 4/23
- Ismail Abdullahi – 4/65
Topranglys
- Nicol Loftie-Eaton – 294 punte
- William Lottering – 263
- Michael Muller – 247
- JC Balt – 245
- Waldo Smith – 210
Altesaam 1 273 lopies is in die drie wedstryde aangeteken, terwyl 49 paaltjies met 1 508 balle geneem is. Kolwers het 121 viere en 31 sesse geslaan. Ses vyftigtalle en een honderdtal is aangeteken, terwyl ses kolwers vir nulle uitgehaal is.
Namibië het die hoogste spanpoging van die reeks met 296/8 aangeteken, terwyl Nigerië se 146 almal uit die laagste totaal was. Nicol Loftie-Eaton se 106 was die hoogste individuele telling, terwyl Waldo Smith se 6/14 die beste boulsyfers van die reeks was.
Die Indiese staatspan Vidarbha besoek Namibië vandeesweek vir 'n reeks van vyf eendagwedstryde teen die FNB Eagles by die FNB Namibië Krieketstadion in Windhoek. Die eerste wedstryd word Donderdag 2 Julie gespeel, waarna die oorblywende wedstryde elke tweede dag tot 10 Julie plaasvind.


