Gallina lewer weer die beste
Twee-en-sestig jaers het die afgelope naweek in nege onderskeie klasse meegeding, waar hulle vir broodnodige kampioenskappunte gejaag het.
Die vyfde ronde van die Namibiese nasionale motocross-kampioenskap het die afgelope Saterdag by die Gallina-motocrosspark eenvoudig alle verwagtinge oortref.
Jaers wat vir die Namibiese span gekies is om volgende maand aan die 2026 Afrika-nasies-MX-kampioenskap deel te neem, was behoorlik opgesweep en het elke kunsie in die boek gebruik om hul vernuf ten toon te stel.
Die volgende deelnemers wat hul onderskeie klasse gewen het, is Jannie Louw (50 cc), Oliver Mathews (65 cc), De Wet du Plessis (85 cc), Leander Metzger (125 cc junior), JF van Eeden (klubmans), Zoë Waldschmidt (vroue), Heiko Stranghöner (veterane), Gero Friederich (MX 2), Mark Sternagel (MX 1) en ook die King of the Dirt-kompetisie.
Probleme
Leander Metzger het Saterdag probleme met sy ysterperd in die 85 cc-klas ondervind, wat reeds in die eerste resies kop uitgesteek het toe hy derde geëindig het. De Wet du Plessis het egter puik gejaag en die eerste resies gewen. In die tweede resies het Metzger se motorfiets gaan staan en hy kon nie klaarmaak nie. Teen die derde resies was sy probleme uitgestryk en hy het die wenvlag voor Du Plessis gesien.
Juan de Vos, wat vanjaar op ’n nuwe 450 cc-motorfiets jaag, het ook meganiese probleme ondervind. Tydens die derde resies in die MX 1-klas het sy motorfiets oorverhit en hy kon nie die ren voltooi nie. Dit het ook beteken dat hy nie die King of the Dirt-resies kon voltooi nie.
Met die King of the Dirt het Mark Sternagel reeds in die eerste draai ná die wegspring wyd aan die buitekant gedraai en geval. Hy het egter ongestoord opgestaan, die hele veld van agter ingehaal en uiteindelik gewen. Hy, Björn Bierbrauer, Jarno Metzger, Tommy Gous, Gero Friederich en die res van die deelnemers het weer eens vir opwindende aksie gesorg.
Volledige uitslae
50 cc (6)
1 Jannie Louw (75 kampioenskappunte), 2 Sebastian Pack (69), 3 Louw Schoeman (59), 4 Steven Kleynhans (55), 5 Wynand Viviers (54), 6 Alexander Jacobs (54).
65 cc (10)
1 Oliver Mathews (75), 2 Delmar du Plessis (64), 3 Mason Meyer (62), 4 Markus Pack (55), 5 Carter Bouwer (55), 6 Paul Mans (52), 7 Keanu Strauss (45), 8 Duhan Hefer (44), 9 Maximillian Skutsch (44), 10 Nicky Strauss (41).
85 cc (8)
1 De Wet du Plessis (72), 2 Oliver Mathews (62), 3 Stiaan Hefer (57), 4 Connor Bouwer (53), 5 Duhan van Wyk (52), 6 Felix Wittreich (49), 7 Riaan van der Hoven (49), 8 Leander Metzger (47).
Klubmans (2)
1 JF van Eeden (66), 2 Morné Jacobs (60).
Vroue (3)
1 Zoë Waldschmidt (75), 2 Melanize Oberholzer (66), 3 Maike Bochert (60).
Veterane (4)
1 Heiko Stranghöner (75), 2 Sigi Pack (66), 3 Jörg Stranghöner (60), 4 Tertius Joubert (57).
125 cc junior (3)
1 Leander Metzger (75), 2 Marco Lindemeier (64), 3 Vincent Griebel (62).
MX 2 (2)
1 Gero Friederich (66), 2 Nils Elmering (60).
MX 1 (7)
1 Mark Sternagel (75), 2 Björn Bierbrauer (66), 3 Jarno Metzger (59), 4 Tommy Gous (55), 5 Josias Maritz (52), 6 Juan de Vos (39), 7 Markus Muller (16).
King of the Dirt (17)
1 Mark Sternagel (25), 2 Björn Bierbrauer (22), 3 Jarno Metzger (20), 4 Tommy Gous (19), 5 Gero Friederich (18), 6 Leander Metzger (17), 7 Heiko Stranghöner (16), 8 Marco Lindemeier (15), 9 Vincent Griebel (14), 10 Sigi Pack (13), 11 Nils Elmering (12), 12 Josias Maritz (11), 13 Zoë Waldschmidt (10), 14 Jörg Stranghöner (9), 15 Tertius Joubert (8), 16 Melanize Oberholzer en 17 Juan de Vos (albei kon nie klaarmaak nie).
Namibiese span
Mark Sternagel se afwesigheid uit die span is inderdaad ’n verrassing. Die verdedigende Namibiese MX 1-kampioen hou dié titel reeds etlike jare. Volgens beskikbare inligting het hy hom aan die span onttrek, maar die rede daarvoor is onbekend. Hy wou nie kommentaar lewer nie.
Die amptelike Namibiese span van 30 lede vir die Afrika-nasies-motocrosskampioenskap is reeds deur die keuringskomitee aangewys. Hulle sal Namibië op 29 en 30 Augustus by Gallina verteenwoordig.
50 cc
Sebastian Pack, Louw Schoeman, Jannie Louw, Wynand Viviers, Steven Kleynhans.
65 cc
Oliver Mathews, Mason Meyer, Markus Pack, Paul Mans, Delmar du Plessis.
85 cc (MX Lites)
Stiaan Hefer, De Wet du Plessis, Duhan van Wyk, Riaan van der Hoven.
Vroue
Zoë Waldschmidt, Maike Bochert, Melanize Oberholzer.
Veterane
Tommy Gous, Heiko Stranghöner, Sigi Pack, Olaf Pack, Jörg Stranghöner.
125 cc
Leander Metzger, Marco Lindemeier, Vincent Griebel.
MX 2
Gero Friederich, Nils Elmering.
MX 1
Jarno Metzger, Markus Muller, Björn Bierbrauer. – [email protected]


