Gallina vuurwarm gejaag

Motocross
Die opwinding was Saterdag tasbaar, maar 'n ongeluk tydens die vroueresies (die tweede ren van die dag) het die program met 90 minute vertraag.
Tielman Van Lill
Die Gallina-motocrosspark naby Brakwater was ’n miernes van bedrywighede met 41 deelnemers toe die eerste rondte van die Namibiese nasionale kampioenskapsreeks in die nege onderskeie afdelings beslis is.
Die deelnemers was gretig om ná bykans drie maande van geen aksie mekaar weer op die baan te pak. Die byeenkoms is baie goed deur MX-entoesiaste ondersteun, wat gebly het totdat die King of the Dirt afgehandel was.
Die Still-familie van Walvisbaai met pa Christo in beheer het hul gewig stewig agter plaaslike byeenkomste ingegooi. Nadat die Stills tevore in Zambië gejaag het, was dit hul eerste byeenkoms in Namibië. Christopher het aan die 85 cc-afdeling deelgeneem en goed op die vreemde baan gevaar.
Sy twee sussies, Abigail en Gabby, was ewe bedrewe in die vroueresies. Teëspoed het Abigail egter getref toe sy geval en haar linkersleutelbeen gebreek het. Ná ’n draai by die hospitaal was sy later terug langs die baan, maar sal glo verdere behandeling ontvang.
Ryers wat ooglopende vordering sedert die 2023-seisoen getoon het, is Sunny Wittreich en Zoe Waldschmidt wat nie geskroom het om die krane oop te draai nie. Sunny het laasjaar nog in die junior 125 cc-klas gery, maar het Saterdag sy merk in die Klubmans-klas saam met gesoute ryers gemaak, vir wie hy oorheers het.
Die laaste resies van die dag waar die King of the Dirt bepaal was, was opnuut die hoogtepunt van die byeenkoms waar die vlieënde Mark Sternagel met die louere weggestap het. Dit is eenvoudig ’n plesier om Mark so meesterlik in beheer te sien jaag.
Die uitslae:

50 CC-KLAS
Ren 1: Carter Bouwer, 2 Mason Meyer, 3 Markus Pack, 4 Maximillian Skutsch, 5 Miko Botha, 6 Sebastian Skutsch.
Ren 2: 1 Bouwer, 2 Pack, 3 Meyer, 4 Maximillian, 5 Botha, 6 Sebastian.
Ren 3: 1 Bouwer, 2 Pack, 3 Meyer, 4 Botha, 5 Maximillian, 6 Sebastian.
Finaal: 1 Carter Bouwer (75 punte), 2 Markus Pack (64), 3 Mason Meyer (62), 4 Maximillian Skutsch (56), 5 Miko Botha (55), 6 Sebastian Skutsch (51).

65 CC-KLAS
Ren 1: 1 Oliver Mathews, 2 Duhan van Wyk, 3 Markus Pack, 4 Paul Mans, 5 Carter Bouwer, 6 Maximillan, 7 Riaan van der Hoven, 8 Sebastian Skutsch.
Ren 2: 1 Mathews, 2 Pack, 3 Bouwer, 4 Van Wyk, 5 Mans, 6 Maximillian, 7 Van der Hoven, 8 Sebastian.
Ren 3: 1 Mathews, 2 Bouwer, 3 Pack, 4 Van Wyk, 5 Mans, 6 Maximillian, 7 Sebastian, 8 Van der Hoven.
Finaal: 1 Oliver Mathews, 2 Markus Pack, 3 Carter Bouwer, 4 Duhan van Wyk, 5 Paul Mans, 6 Maximillian Skutsch, 7 Riaan van der Hoven, 8 Sebastian Skutsch.

85 CC-KLAS
Ren 1: 1 Khian Kotze, 2 Lender Metzger, 3 Connor Bouwer, 4 Patrick Geiger, 5 Christopher Still, 6 Felix Witreich.
Ren 2, 3 en finaal: 1 Khian Kotze (75), 2 Lender Metzger (66), 3 Patrick Geiger (59), 4 Connor Bouwer (58), 5 Christopher Still (54), 6 Felix Wittreich (51).

JUNIOR 125 CC-KLAS
Ren 1: Juan de Vos, 2 Gero Friederich, 3 Bjorn Kebbel, 4 Jarno Metzger, 5 Marco Lindemeier, 6 Owen Gous.
Ren 2: 1 Friederich, 2 Kebbel, 3 Metzger, 4 De Vos, 5 Lindemeier, 6 Gous.
Ren 3: 1 Friederich, 2 Metzger, 3 De Vos, 4 Kebbel, 5 Lindemeier, 6 Gous.
Finaal: 1 Gero Friederich (72), 2 Juan de Vos (64), 3 Jarno Metzger (61), 4 Bjorn Kebbel (61), 5 Marco Lindemeier (54), 6 Owen Gous (51).

SENIOR 125 CC-KLAS
Ren 1, 2, 3 en finaal: 1 Mark Sternagel (25).

VROUEKLAS
Ren 1: 1 Zoe Waldschmidt, 2 Mezanize Oberholzer, 3 Abigail Still, 4 Gabby Still.
Ren 2: 1 Zoe, 2 Mezanize, 3 Gabby, 4 Abigail.
Ren 3 en finaal: 1 Zoe Waldschmidt (75), 2 Mezanize Oberholzer (66), 3 Gabby Still (60), 4 Abigail Still (19).

VETERANE
Ren 1, 2, 3 en finaal: 1 Sigi Pack (75), 2 Olaf Pack (66), 3 Gino Meyer (60), 4 Chris Still (0).

KLUBMANS-KLAS
Ren 1: 1 Sunny Wittreich, 2 Lourens du Plessis, 3 JF van Eeden, 4 Valentino de Villiers.
Ren 2: Wittreich, 2 Van Eeden, 3 Du Plessis, 4 De Villiers.
Ren 3 en finaal: Sunny Wittreich (75), 2 Lourens du Plessis (64), 3 JF van Eeden (42), 4 Ventino de Villiers. (0)

OPE-KLAS
Ren 1, 2, 3 en finaal: 1 Mark Sternagel (75), Rigo Wolf (66), 3 Tony Viljoen (60).
King of the Dirt-resies: 1 Mark Sternagel (25), 2 Gero Friederich (22), 3 Sigi Pack (20), 4 Rico Wolf (19), 5 Jarno Metzger (18), 6 Juan de Vos (17), 7 Olaf Pack (16), 8 Bjorn Kebbel (15), 9 Marco Lindemeier (14), 10 Tony Viljoen (13), 11 Mason Meyer (12), 12 Owen Gous (11), 13 Zoe WaldSchmidt (10).
[email protected]