Khan, Scholtz, Smit en Tuhadeleni die bestes
Krieket Namibië het Saterdagaand sy jaarlikse prysuitdeling met ’n spoggeleentheid by die FNB Namibië Krieketstadion in die hoofstad aangebied.
Bernard Scholtz (Internasionale Eendagwedstryde) en JJ Smit (T20I) van die FNB Eagles is vir hul uitsonderlike bydraes tot die nasionale manspan vereer.
Dieselfde eer het Yasmeen Khan en Saima Tuhadeleni van die nasionale vrouespan, die Capricorn Eagles, te beurt geval.
Die toekennings
T20-tweede divisie
Noorde en Sentraal
Topkolwer: Chris Freeman, OCC Northerns (491 lopies). Topbouler: Shaun Eastes, Green Mambas (18 paaltjies).
T20-eerste divisie
Kus
Topkolwer: Matthew de Gouveia, Blue Waters (201 lopies). Topbouler: Justus Hangula, Blue Waters (16 paaltjies).
Sentraal
Topkolwer: Henré Opperman, Gobabis (223 lopies). Topbouler: Willie Swart, Gobabis (8 paaltjies).
T20-premierliga 2
Topkolwer: Wessel Myburgh, Wanderers (171 lopies). Topbouler: Kalimullah Khan, Unam Zebras (9 paaltjies).
T20-premierliga
Topkolwer: Louren Steenkamp, ATG WHS Old Boys (332 lopies). Topbouler: Adriaan Coetzee, ATG WHS Old Boys (13 paaltjies).
Tweede divisie (30 boulbeurte)
Noorde en Sentraal
Topkolwer: Llewellyn Louw, Unam Zebras (333 lopies). Topbouler: Chris Freeman, OCC Northerns (16 paaltjies).
Eerste divisie (30 bb)
Kus
Topkolwer: Juanne-Louis Grobler, JCCA (267 lopies). Topbouler: Tawanda Ngwenya, Blue Waters (19 paaltjies).
Sentraal
Topkolwer: JW Junius, Green Mambas (331 lopies).
Topbouler: Willem Lottering, Gobabis (10 paaltjies).
Premierliga 2 (40 bb)
Topkolwer: Danie van Schoor, Wanderers (343 lopies).
Topbouler: Mika Mutumbe, Unam Zebras (16 paaltjies).
Premierliga (50 bb)
Topkolwer: Malan Kruger, ATG WHS Old Boys (403 lopies).
Topbouler: Adriaan Coetzee, ATG WHS Old Boys (13 paaltjies).
Liga-wenners 2025/2026
Tweede divisie (30 bb)
Noorde en Sentraal: Tsumeb en OCC Northerns deel.
Eerste divisie (30 bb)
Kus: Blue Waters 1.
Sentraal: Gobabis en Green Mambas deel.
Premierliga 2 (40 bb)
Wanderers 2.
Premierliga (50 bb)
ATG WHS Old Boys 1.
T20-eerste divisie (nasionale wenners)
Gobabis.
Top-klubafrigter 2024/2025
Keith Kondo (Gobabis).
Junior- en senior klubafdelings
Juniors (The 100)
Onder 15 (2026): Trustco United.
Onder 15 (2025): Trustco United.
Onder 15 Kus (2025): Blue Waters.
Senior 2025 T20-franchise
Wenners: NPL Bears.
Topkolwer: Gerhard Erasmus (242 lopies).
Topbouler: Leo Sadler, Pupkewitz Wildcats (13 paaltjies).
Speler van die toernooi: Gerhard Erasmus.
2026 Nashua Junior Franchise
Onder 12
Wenners: AJM Badgers.
Topkolwer: Dian Kotzé (137 lopies).
Topbouler: Francois van Deventer (10 paaltjies).
Speler van die toernooi: Armand Potgieter.
Onder 14
Wenners: Ashburton Alphas.
Topkolwer: Natie la Cock (246 lopies).
Topbouler: Jacobus Esterhuizen (11 paaltjies).
Speler van die toernooi: Natie la Cock.
Onder 19
Wenners: Grove Mall Elite.
Topkolwer: Tiaan van der Merwe (134 lopies).
Topbouler: Douglas Truter (10 paaltjies).
Speler van die toernooi: Adriaan Coetzee.
Ontwikkeling
Ashburton Kwata-minikrieketprogram
Sertifikate is aan die volgende onderwysers vir hul bydrae oorhandig:
Lee Kruger, Georginah Shikopo, Nabot Pavo, Immanuella Hansen, Elizabeth Nel, Petrus Mbongo, Eveline Noreses, Monica Kakodhi, Cristian Nangombe, Martha Mumbuli, Betrichie Ashipala, Delin Auchas, Aina Iyambo, Aune Nyandi, Meghan van Neel, Jan Julian Abrahams, Lamek Kafula, Eben Mbatjangasi, Jenniffer Marusa-Hoaes, Michael Kawana, Hermanes Mushinga, Priscilla Nambahu-Benjamin, Pafunisia Josua, Alex Halwoodi, Foibe Neliwa, Selma Kanambunga, Suama Andrea, Pieter Neliwa, Nicky Lilungwe, Dumaza Dube, Aina Nyanyukweni, Ronnel Munyaza, Hendrina Ndakevondjo, Elifas Abraham, Mukerenge Kativa, Armabdus Kahilo, Mbambi Mbambi, Domingu Kasiku, Helena Festus, Hiha Kapara, Maria Amoom, Erasmus Thom, Mekondjo Mbutika Sajendo en Feja Antonio.
Administrateur vir 2025: Elizabeth Nel.
Topstreek vir 2025: Khomas.
Topbeampte vir 2025: Erickson Haik.
Topafrigter vir 2025: Eveline Noreses (Emma Hoogenhout).
Topskool vir 2025: Marti Aartisaari Primary School.
Topvrywilliger vir 2025: Suama Andreas.
Ashburton-administrateur vir 2025: Hendrina Ndakevondjo.
Tienjaardiens: Me. Kanambunga, Uemuura Tjongarero, mnr. Kawama, mnr. Avery Morkel, Coach Pule en mnr. Pandu.
Wenners van National Sixes 2025
Seuns
Onder 11: Windhoek Gimnasium B.
Onder 13: Windhoek Afrikaanse Privaatskool A (WAP).
Onder 14: Walvisbaai Privaatskool.
Onder 16: Windhoek Gimnasium A.
Meisies
Onder 13: Pro-Ed Akademie.
Onder 16: Kuisebmund Secondary School A.
Onder 19: Kuisebmund Secondary School A.
2025 Prosperita Health T20-skoleliga
Seuns
Onder 11: Windhoek Gimnasium A.
Onder 13: WAP A.
Onder 15: Windhoek Gimnasium A.
Onder 19: WHS en Gobabis gekombineer.
Krieket Namibië 2025 Nasionale Skoleweek
Seuns
Onder 11
Kolwer: Vijay Cloete (134 lopies).
Bouler: Johan Luck (11 paaltjies, ekonomie 3.73).
Onder 13
Kolwer: Tristen Wagner (233 lopies).
Bouler: Phillip Nel (9 paaltjies, ekonomie 3.12).
Onder 15
Kolwer: Markus van Heerden (247 lopies).
Bouler: Willie Swart (11 paaltjies, ekonomie 3.28).
Onder 19
Kolwer: Tiaan van der Merwe (263 lopies).
Bouler: Stephan Venter (7 paaltjies, ekonomie 3.56).
Meisies
Onder 13
Kolwer: Melicke Blignaut (50 lopies). Bouler: Kyla Rauth (10 paaltjies, ekonomie 3.39).
Onder 16
Kolwer: Maria Taanyanda (50 lopies). Bouler: Jani-Mari van Heerden (15 paaltjies, ekonomie 3.00).
Onder 19
Kolwer: Sela Shiimi (65 lopies). Bouler: Unombuiro Kanyosa (11 paaltjies, ekonomie 2.59).
Skole 2025
Topafrigter: Keith Kondo.
Topadministrateur: Sandra Badenhorst.
Groundsman van die jaar: Tuhafeni Erastus.
Toptellinghouers vir 2025/2026
Senior klubs: Sela Shiimi.
Junior klubs: Cherelle Griffiths.
Internasionaal: Anina Haccou, Anita Griffiths, Berenice Winborn, Cecilia Manyande, Eeno Shiimi, Johanita Venter, Lauritz Haccou, Olange Nandjedi, Pieka Brassell, Princess Matcheza, Rodriques Smith, Scott Winborn en Yolanda van Heerden.
Skole-tellinghouers
Noorde: Sandra Badenhorst (2025).
Sentraal: Johanita Venter (2024).
Kus: Herman van Zyl (2024).
Skeidsregters 2025/2026
Kus: Zhivago Groenewald.
Noorde: Jack Conradie.
Sentraal: Hermann Rust.
Mees toegewyde skeidsregter: Willem Prinsloo.
Internasionale skeidsregter van die jaar: Andrew Louw.
Uitsonderlike diens aan Krieket Namibië
Administrateur: Ter nagedagtenis aan wyle Thalia Louw.
Erkenning vir langdiens: Jona Ambuga, Wilhelm Tuhafeni, Louis Nortjé, Claus Schumacher, Christiaan Grobler, Foibe Neliwa.
Lewenslange eretoekenning: Trevor Britten.
Tienjaardiens: Hestelle Spies.
Capricorn Eagles 2025
Topbouler: Saima Tuhadeleni.
Kolwer: Yasmeen Khan (419 lopies).
Speler van die jaar vir die Capricorn Eagles: Eveleen Kejarukua.
Speler van die jaar: Yasmeen Khan.
FNB Eagles 2025
Internasionale T20-wedstryde
Speler van die jaar: JJ Smit (250 lopies, 111* nie uit nie, 20 paaltjies).
Internasionale Eendagwedstryde (ODI’s)
Speler van die jaar: Bernard Scholtz (30 paaltjies teen 10.33 in 11 wedstryde).
Spelers se speler van die jaar: Jan Frylinck.


