Kudus se wedstryd in noorde op NTV gewys

Rugby
Brian Munango
Saterdag se opwindende NRU premierliga-rugbywedstryd tussen FNB Grootfontein 1 en FNB Kudus 1, wat om 15:45 afskop, sal regstreeks op NTV op DStv kanaal 285 en GOtv kanaal 25 uitgesaai word.
Die wedstryd sal ook aanlyn by https://oneuptwo.com, asook op die YouTube-kanaal van Network Media Hub beskikbaar wees.
Hierdie botsing tussen twee spanne wat beide in die topvier is, is van groot belang in die stryd om vir die semifinale te kwalifiseer en beloof om hoogs mededingend te wees. Grootfontein is tans vierde en Kudus is tweede.
FNB Wanderers 1, wat tans boaan die punteleer is, het ‘n afnaweek.
Die ander wedstryde vir die dag:
FNB Dolphin 1 teen FNB Western Suburbs 1 op Swakopmund.
FNB Rehoboth 1 teen Trustco United 1 in Rehoboth.
FNB Unam 1 teen FNB Reho Falcon 1 by Unam.