Meesterspan kry opdraand in Kroonstad
Twee van die Namibië Jukskei se meesterspanne het verlede week vanaf Maandag tot Vrydag aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap op Kroonstad deelgeneem. Hoewel die Namibiërs nie in die A- óf in die C-afdeling in die topvyf kon klaarmaak nie, is ‘n vertoonwedstryd teen Suid-Afrika gespeel waarin die Namibiërs wel aan die wenkant geëindig het. Die toergroep was van links Michael Duvenhage, Tiaan Horn, Heleen Steenkamp, Erik Strauss (spanbestuurder), Gieliana Boshoff (afrigter), Francois Boshoff en Arend de Waal. Foto verskaf


