MX-span ding mee om Afrika-kroon
Dertig uitgesoekte ryers sal Namibië verteenwoordig by die Motocross of African Nations-kampioenskap wat Saterdag en Sondag by die Gallina Motocrosspark aan die noordelike buitewyke van Windhoek aangebied word.
Deelname van ryers van Angola, Botswana, Mosambiek, Suid-Afrika, Uganda, Zambië, Zimbabwe en uiteraard van die gasheerland Namibië is bevestig.
Kaartjies kan by www.nam-events.com/ gekoop word. Regstreekse beeldsending van die aksie word ook op FIM Africa se Facebook-bladsy en YouTube-kanaal geadverteer.
• Die Namibiese spanlede wat deur die NMSF aangekondig is:
50 cc-klas: Sebastian Pack, Louw Schoeman, Jannie Louw, Steven Kleynhans, Wynand Viviers.
65 cc-klas: Oliver Mathews, Mason Meyer, Markus Pack, Paul Mans, Delmar du Plessis.
MX Lites: Stiaan Hefer, De Wet du Plessis, Duhan van Wyk, Riaan van der Hoven.
MX 125-klas: Leander Metzger, Marco Lindemeier, Vincent Griebel.
MX1-klas: Jarno Metzger, Markus Muller, Björn Bierbrauer.
Mx2-klas: Gero Friederich, Nils Elmering.
Veterane: Tommy Gous, Heiko Stranghöner, Sigi Pack, Olaf Pack, Jörg Stranghöner.
Vroueklas: Zoé Waldschmidt, Maike Bochert, Melanize Oberholzer.


