Namibiërs blink met vier medaljes in buurland
Namibiese bergfietsryers het die afgelope naweek by Cascades, Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal, aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Cross Country Cup deelgeneem.
Qara Volschenk het twee goue medaljes in die junior meisies-afdeling gewen. Wat merkwaardig is, was dat die junior meisies vyf minute ná die o.16-meisies weggespring het. Volschenk het die voorste o.16-meisie ingehaal en met 45 sekondes die wenstreep oorgesteek.
John-Pierre Lambert het vierde in die junior seuns-afdeling geëindig.
In die junior vroue-afdeling moes Rosemarie Thiel (Cymot/Scott) weens ongesteldheid uit die wedren onttrek. Marco Thiel (Cymot/Scott) het tweede in die junior mans-afdeling geëindig. In dieselfde afdeling was Christiaan van der Westhuizen vierde, Sean Lowe elfde en Dawie Greeff dertigste.
Tye en uitslae per afdeling
XCC-resies
Junior meisies (3.4 km)
1 Qara Volschenk (9:49)
2 Leone Theron
3 Skyler Blom
Junior seuns (3.4 km)
4 John-Pierre Lambert (8:55)
Junior mans (6.8 km)
2 Marco Thiel (16:33)
4 Christiaan van der Westhuizen (16:44)
11 Sean Lowe (17:05)
30 Dawie Greeff (19:56)
XCO-resies
Junior meisies (12.9 km)
1 Qara Volschenk (51:13)
2 Leone Theron
3 Leyla de Oliveira
Junior seuns (12.9 km)
7 John-Pierre Lambert (48:09)
Junior vroue (17.2 km)
4 Rosemarie Thiel (1:14:57)
Junior mans (21.5 km)
2 Marco Thiel (1:08:17)
5 Sean Lowe (1:09:58)
10 Christiaan van der Westhuizen (1:12:02)
30 Dawie Greeff (1:16:52)


