Nasionale kampioene in duathlon bekroon
Die Namibiese Triathlonfederasie het sy nasionale kampioenskap in duathlon afgelope Sondagoggend aan die noordelike buitewyke van Windhoek gehou, met die begin- en eindstreep onder die brug op die A1-deurpad na Rehoboth.
Die ondersteunende borge het IJG, Electro Boost en Plastic Packaging ingesluit. Deelname vir individue en spanne was moontlik in drie kategorieë:
• Super Sprint (12 tot 15 jaar) 2.5 km hardloop, 10 km fietsry, 1.25 km hardloop.
• Sprint-duathlon (16 tot 19 jaar) 5 km hardloop, 20 km fietsry, 2.5 km hardloop.
• Standaard duathlon (nasionale kampioenskap) 10 km hardloop, 40 km fietsry, 5 km hardloop.
Die voorste uitslae van die onderskeie kategorieë was soos volg:
ALGEHELE WENNERS
Vroue standaard duathlon: 1 Anri Greeff (2 ure 14 minute 50 sekondes), 2 Louise Breed (2:16:58), 3 Lindie Tripodi (2:32:13), 4 Marcelle Eloff (2:59:34).
Mans standaard duathlon: 1 Johan du Plessis (2:10:04), 2 Mark Spath (2:17:40), 3 Marnus van Wyk (2:20:30).
Sprint-duathlon meisies: 1 Kyra Marschall (1:16:35), 2 Roselyn Mbathera (1:33:17).
Sprint-duathlon seuns: 1 Dawie Greeff (1:07:23).
Super Sprint meisies: 1 Qara Volschenk (0:37:34).
Super Sprint seuns: 1 Micah Chase (0:30:02), 2 Max Heigan (0:34:06), 3 Hendrik Baartman (0:34:16).
OUDERDOMSKLASSE, ander voltooiers:
Standaard duathlon: Benita Windisch (2:34:33; ouderdom 40-49), Elmarie Adriaanse (2:50:38; ouderdom 50-59); Erich von Molendorff (2:28:01, ouderdom 20-29), Kevin Loteryman (2:27:10; ouderdom 30-39); Massimo Basson (2:45:29; ouderdom 30-39), Jaco van der Walt (2:25:28; ouderdom 40-49), Peter Brinkmann (2:23:29; ouderdom 50-59), Greg Chase (2:24:31; ouderdom 50-59), Philipp Sonntag (2:46:57; ouderdom 50-59).
• Sommige van die Triathlonfederasie se blink jong sterre het dié byeenkoms vanweë ander verpligtinge in die buiteland misgeloop.
Nathan Chase het sy vlak van ondervinding Saterdag in ‘n Europese Beker junior kompetisie in Jurmala, Letland, verbreed, nadat hy die vorige week ook in Moletai in Litoue meegeding het Chase berei hom voor om later in September by die wêreldkampioenskap in Spanje te gaan deelneem.
James Langford, Jana Mutschler en Hendrie Mutschler het saam met die nasionale afrigter Adelé de la Rey ‘n oefenkamp in Denemarke bygewoon.


