Posisies in Nasfed-bestuur by kongres gevul

Swem
Die Namibië Watersportfederasie (Nasfed) het sy algemene jaarvergadering afgelope Saterdag 18 Oktober 2025 by die MAC-klubhuis gehou. Die geleentheid het gevolg op 'n geesdriftige en suksesvolle eerste langbadgala van die seisoen.
Die vergadering het raadslede, uitvoerende komiteelede en verteenwoordigers van oraloor die land byeengebring om oor die Federasie se vertoning te besin, die pad vorentoe te bespreek en nuwe uitvoerende komiteelede, keurkomitee en beheerraadslede te verkies om Nasfed tot nog 'n opwindende seisoen van groei en uitnemendheid te lei.
Verkiesings vir die posisies van die president en tesourier word afgewissel met die posisies van die visepresident en rekordhouer, wat almal vir tweejaartermyne dien.
Die posisie van die president en tesourier was verkiesbaar, terwyl die posisie van die rekordsbestuurder vakant was ná die bedanking van die vorige titeldraer. Die uitvoerende komitee het intussen die laasgenoemde posisie gevul om by die jaarkongres bekragtig te word.
Alle posisies vir bykomende lede was ook verkiesbaar.
Die verkiesing se uitslae was:
President (herverkies): Riaan Steyn.
Tesourier (herverkies): Rodney Feris.
Nasionale rekordsbestuurder: Zeta van Wyk (bekragtig vir nog ‘n eenjaar-termyn).
Bykomende lede: Bernadette Swartz en Jacoline Kotze (beide nuut verkies).
Visepresident: David Nell (posisie onbestrede tot 2026 se verkiesing).
Atleetverteenwoordiger: Molina Smalley (verkiesing elke twee jaar).
Die nasionale beheerliggaam spreek sy waardering uit teenoor die uitgaande komiteelede vir hul diens en toewyding, naamlik Wollen Nell, Xander Skinner, Carol-Ann Esterhuizen en Star Ashikoto.
Nasfed verklaar ook sy gelukwensing en beste wense aan alle komiteelede wat nuut verkies is, of wat steeds in hul posisies dien. Die Federasievertrou dat hierdie bestuurspan die waardes van integriteit, sportmanskap en toewyding voortdurend sal uitdra.
Met hul gekombineerde passie en ondervinding word die nuwe uitvoerende komitee aangemoedig om Nasfed tot groter prestasies en breër deelname aan die swemsporte voort te dryf.
“Ons wens die span alle sukses toe in hul nuwe rolle en sien uit na nog ‘n jaar van groei, eenheid en uitmuntendheid in die gemeenskap van watersporte.”