Putjiespel by Omeya kompeterend
Omeya Gholfklub het Saterdag die eindrondte van die SUNita Cables 2026 putjiespelreeks (“Matchplay “) aangebied. In die spankompetisie is die egpaar Alroy en Carlin Schumann as die wenners bekroon en Riaan Schwarts het as die wenner van die enkelspel uit die stryd getree. Die organiseerders bedank Raj Rallan van SUNita Cables vir sy volgehoue ondersteuning. Saterdag se wenners van die klubkompetisie: 1 Douglas Holtzhausen (42 punte), 2 Johan van Zyl (40), 3 Leani Engelbrecht (39), 4 Goi Lamprecht (39), 5 Mary-Ann Boltman (39). Pryse vir houe naaste aan die pen is deur Dante de Azevedo (putjie 7) en Léan van Dyk (putjie 17) ingepalm. Op die foto is van links: Johan van Zyl, Carlin en Alroy Schumann (putjiespel-wenpaar), Raj Rallan (SUNita Cables), Riaan Schwartz (putjiespel-kampioen), Dina Holtzhausen, Mary-Ann Boltmann en Leani Engelbrecht.


