Reeks in Zimbabwe sal junior hokkietalent op proef stel

Hokkie
Seuns en meisies is drie ouderdomsgroepe sal teen spanne in die Suider-Afrikaanse streek opgeweeg word.
Andrew Poolman

Ses van die Namibië Hokkie-unie se toerspanne begin vandag in die Zimbabwe Junior Hokkiereeks meeding wat tot Sondag in die buurland se hoofstad Harare aangebied word.

Suid-Afrika, Zambië, Botswana en Eswatini het ook spanne vir seuns en meisies gestuur wat teen Namibië en die gasheerland in die ouderdomsklasse onder-13, o.16 en o.18 sal meeding.

Die astro-bane van Chisipite Senior School en St. John’s sal vir die toernooi ingespan word, met die doelwit om jong spelers blootstelling aan gesonde kompetisie in die Suider-Afrikaanse streek te bied.

Die toerspanne se afskeidgeselligheid is Saterdag in Windhoek aangebied en is deur die Namibiese Sportkommissie se hoofadministrateur Freddy Mwiya, asook die NHU se president Carin Slabbert bygewoon.

Die aangewese Namibiese toerspanne:

 

NAMIBIë O.13 SEUNS

Oscar Mengo, Nicolas van der Westhuizen, Chris-William Grane, Daniel Muller, Richard Reed, Adriaan Kruger, Dian Norval, Samuel Graham, Simon Salomon, Renaldo Lassen, Herve Migan, Ruan Viljoen, Ivor Chase, Diogo Pinguinhas, Ethan Pearce (kaptein), Dian Kotze, Phillip Thiel, Wihan Bruwer.

 

NAMIBIë O.13 MEISIES

Arabella Louw, Lara Ellinger, Olivia Nakuumba, Jessica Shituna, Khari Fourie, Shiloh Junius, Grace van der Merwe, Tarina van Rooyen, Izobell Basson (kaptein), Viouje Gregi Pack, Christina Nel, Paris Fleermuys, Carla Wilckens, Alexa Akwenye, Lindiwe Ekandjo, Emma Jonck, Emma Moller.

 

NAMIBIë O.16 SEUNS

JC le Roux, Tertius Maartens, Markus van Heerden, Christoph Schutz, Micah Chase, Aleckai Gey van Pittius, Jonathan Marais, Cornell Dreyer, Peyton Zehrt, Tristan Marggraff, Jean Jacques Coffee, Wiehann Pieterse, Joshua Matthys, Tiehan Neethling, Pieter Boshoff, Benjamin de Wet, Max de Wet, Max Fourie (kaptein).

 

NAMIBIë O.16 MEISIES

Li Ya Zhong, Naleli Simwanza, Kirsten Koudelka, Diz-Leyn Kambatuamasa, Haley-Kay Mouton (kaptein), Cari van der Westhuizen, Elizabeth Gous, Leila Grögli, Leila Möller, Heidee Izaacs, Lily-Jane Mouton, Marzel Boshoff, Zoey Basson, Allison January, Jade Eins, Tilly Parker.

 

NAMIBIë O.18 SEUNS

Paulo Jansen, Ben Fourie, Wynand Dreyer, Shayan Azadeh, Andrew Potgieter, Christopher Clarke, Ferchal Shikongo, Rachimo Simwanza, Jadon McNally, Daniel Janse van Rensburg, Abraham Graham (kaptein), Willem Venter, Matt-Reece Izaaks, Zach Philander, Enzo Martins, Mark Wallace, Russel Fick, Janco Jacobs.

 

NAMIBIë O.18 MEISIES

Jasmine Cartwright, Yasmine Miho, Marthelyn Bezuidenhout, Bianka Maria Coetzee, Tamara Grögli, Kaylee Bella Oehley, Maryke Kruger, Leandri Coetzee, Abigail Rowles (kaptein), Sienna Richards, Naomi Kiara Raad, Anelle Schutz, Tuli Oliver Nott, Liame Nell, Leanne Steyn, Ema Fourie Brink, Marnja Etsebeth, Amory Gouws.

 

VANDAG se wedstryde vir Namibië:

07:30, O.13 meisies teen Zimbabwe o.13B uitnodigingspan.

11:10, O.13 seuns teen Zimbabwe o.13B uitnodigingspan.

12:10, O.18 meisies teen Suid-Afrika o.17A.

16:10, O.16 seuns teen Zimbabwe o.16A.

16:10, O.16 meisies teen Zimbabwe o.16A.

18:50, O.18 seuns teen Zimbabwe o.18A.