Smit, Erasmus onder toptien kolwers in Groep B

Krieket
Saterdag was die sperdatum wanneer alle WB-spelersgroepe gefinaliseer moes word.
Tielman Van Lill
Die 18-jarige draaibouler PD Blignaut, die jongste spanlid, was die ongelukkige 16de speler wat nie die finale 15-tal van die Namibiese senior krieketspan vir die naderende ICC T20-Wêreldbeker gehaal het nie.
Dié onder-19 WB-speler het wel saam na Wes-Indië gereis, maar die jong naatboulers Dylan Leicher en Jack Brassell se vinniger boulwerk is vir die vooruitsigte op die Wes-Indiese kolfblaaie verkies. Die sperdatum vir die groepe se finalisering was afgelope Saterdag.
Die Richelieu Eagles se eerste wedstryd in Groep B by die T20-Wêreldbeker teen Oman, begin volgende Maandagoggend 02:30 (Namibiese tyd) by die Kensington-ovaal in Barbados.
Oman en Skotland is beide net soos Namibië assosiaatlede van die Internasionale Krieketraad (ICC), terwyl Australië en Engeland volle lede en toetsspelende lande is.
Die onderlinge kompetisie tussen die drie assosiaatlande sal soos altyd kliphard en sonder genade wees.
Ná twee jaar se harde werk en voorbereiding sal die Namibiërs geen steen onaangeroer laat om Oman en Skotland in hul groepwedstryde te oordonder nie. Indien die Eagles vir Oman en Skotland in Groep B kan afskud, sal hul volgende botsing teen Australië (12 Junie) met meer selfvertroue aangepak kan word.
Die uitslag tussen die Aussies en die Ingelse (8 Junie) kan ‘n rol in die Eagles se vertoning teen Engeland (15 Junie) speel. Slegs die toptwee spanne uit elk van die vier groepe sal na die Super 8-rondetussen die ware groot honde vorder.
Namibië se grootste bate is straks sy boul- en veldwerk, maar indien sy kolwers nie genoegsame lopies op die telbord plaas nie, kan uiteraard probleme ontstaan.
Die Namibië-spelersgroep het in hul gesamentlike 540 T20i-wedstryde 584 lopies minder aangeteken as wat die boulers met 358 paaltjies vir 6 844 lopies afgestaan het.
Oman het in sy 572 T20i’s 6 574 lopies geslaan, terwyl sy boulers 7 852 lopies afgestaan het om 348 paaltjie te oes, met ‘n verskil van 1 278 lopies teen hulle.
Skotland daarenteen het 6 942 lopies in 496 T20i’s behaal, terwyl sy boulers 269 paaltjies vir 6 133 lopies laat val het. ‘n Massiewe positiewe verskil van 809 lopies in hul guns.
Australië het in sy 799 T20i’s met 12 049 lopies, 1 170 meer op die telbord geplaas as wat sy paaltjies gekos het. Sy boulers staan slegs 10 879 lopies af om 453 paaltjies te bank.
Engeland, die verdedigende T20-wêreldkampioen, se syfers skets ‘n somber prentjie vir hulle. Met 8 727 lopies in 683 T20i’s, is hul lopie-“verlies” 1 628 minder as die 10 355 lopies wat dit sy boulers gekos het om 407 slagoffers te bewerkstellig.
Met die gemiddelde lopies per kolfbeurt en persentasie treftempo per bal in ag geneem, is dit hoe die topvyf kolwers van elke span met mekaar vergelyk.
1 Tim David (Aus) kolfgemiddeld 39.3, treftempo 163.6%.
2 JJ Smit (Nam) 39.3, 148.8%.
3 Phil Salt (Eng) 35.5, 165.9%.
4 Jos Buttler (Eng) 34.8, 144.6%
5 Mitchell Marsh (Aus) 34.0, 135.3%.
6 David Warner (Aus) 33.6, 142.6%.
7 Gerhard Erasmus (Nam) 32.6, 122.95%.
8 Khalid Kail (Oman) 32.57, 121.27%.
9 Richie Berrington (Skot) 31.87, 132.2%.
10 Ben Duckett (Eng) 31.5, 145.16%.
11 George Munsey (Skot) 30.47, 143.38%.
12 Glenn Maxwell (Aus) 30.1, 155.5%.
13 Travis Head (Aus) 29.8, 147.1%.
14 Jonny Bairstow (Eng) 29.6, 137.6%.
15 Aqib Ilyas (Oman) 29.4, 125.5%.
16 Niko Davin (Nam) 29.17, 143.8%.
17 Zeeshan Maqsood (Oman) 28.77, 121.93%.
18 Michael Jones (Skot) 27.5, 139.24%.
19 Harry Brook (Eng) 27.2, 144.68%).
20 Pratik Athavale (Oman) 25.27, 126.94%.
21 David Wiese (Nam) 24.91, 127.90%.
24 Jan Frylinck (Nam) 22.96, 109.15%.
Namibië het 540 T20i’s gespeel, 6 260 lopies van 5 100 balle in 349 kolfbeurte teen gemiddeld 21.91 per paaltjie en ‘n treftempo van 122.74 persent gehandhaaf.
Sy boulers trek 358 paaltjies vir 6 844 lopies in 1 034 boulbeurte met ‘n ekonomie van 6.61 per boulbeurt plat.

Namibië
Gerhard Erasmus (57 T20i-wedstryde, 1 339 lopies van 1 089 balle in 55 kolfbeurte; gemiddeld 32.6; treftempo 122.9%) (43 paaltjies vir 562 lopies in 110 boulburte; ekonomie 5.1 per boulbeurt).
JJ Smit (47, 826 van 555 b in 40 tn 39.33 en 148.82%) (46/834 in 125.2 bb, ekon. 6.65).
Niko Davin (30, 817 van 568 b in 30 tn 29.17 en 143.83%).
David Wiese (50, 573 van 448 b in 36 tn 24.91 en 127.90%) (54/1 220 in 170.3 bb, ekon. 7.15).
Jan Frylinck (57, 620 van 568 b in 39 tn 22.96 en 109.15%) (63/1 131 in 160.3 bb, ekon. 7.04).
JP Kotzé (38, 695 van 596 b in 35 tn 22.41 en 116.61%).
Ruben Trumpelmann (28, 148 van 121 b in 14 tn 21.28 en 123.14%. 25/592 in 79 bb, ekon.7.49).
Michael van Lingen (27, 475 van 406 b in 24 tn 19.79 en 116.99%).
Malan Kruger (12, 205 van 189 b in 12 tn 18.63 en 108.46%).
Zane Green (55, 407 van 395 b in 37 tn 14.03 en 103.03%).
Dylan Leicher (10, 79 van 86 b in 6 tn 26.33 en 91.86%) (3/68 in 8 bb, ekon. 8.5).
Bernard Scholtz (58, 61 van 68 b in 16 tn 20.33 en 89.7%) (64/1 187 in 195.4 bb, ekon. 6.06).
Tangeni Lungameni (32, 14 van 9 b in 3 tn 14 en 155.55%) (27/642 in 92 bb, ekon. 6.97).
Ben Shikongo (32, 1 van 2 b in 2 tn 1 en 50%) (28/485 in 75.4 bb, ekon. 6.4).
Jack Brassell (7, geen. 5/123 in 17.3 bb, ekon. 7.02).