Span bekend vir Afrika-Jeugspele in Angola
Multi-sportspele
                                    
            
            Die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK) het met trots sy amptelike spankeuse aangekondig vir die vierde Afrika-Jeugspele, wat vir 10 tot 20 Desember 2025 in Angola geskeduleer is.Namibië sal een van 54 deelnemende lande aan die kontinentale skouspel wees en stuur atlete om hom in nege sportkodes te verteenwoordig.
Die Afrika-Jeugspele, georganiseer deur die Vereniging van Nasionale Olimpiese Komitees van Afrika (ANOCA) in vennootskap met die gasheerland Angola se nasionale Olimpiese Komitee en regering, beloof 'n topklas kontinentale multi-sportgeleentheid vir jeugatlete, wat 'n belangrike platform op die pad van ontwikkeling van Afrika se sport bied.
Die NNOK se uitvoerende hoof Anri Parker sê: “Hierdie Spele verteenwoordig 'n belangrike platform vir die jeug van oraloor Afrika om in verskeie dissiplines mee te ding, uitnemendheid te wys, die Olimpiese waardes van vriendskap, respek en regverdige spel te omarm, en hulself vir toekomstige internasionale kompetisies voor te berei.
“Namibië is trots om by hierdie kontinentale viering van jeugsport aan te sluit. Ons spreek ons hartlike dank uit aan die Namibiese regering (spesifiek die ministerie van onderwys, innovering, jeug, sport, kuns en kultuur), die nasionale sportfederasies, ons borge en vennote vir hul onwrikbare ondersteuning, asook die atlete self, vir hul toegewyde oefening en verbintenis om Namibië met trots en integriteit te verteenwoordig.”
Die amptelike spandelegasie:
Atletiek
Madeleine Kotze (spanbestuurder), Henk Botha (afrigter), Lumé Jansen van Rensburg (100m hekkies), Alexandra Scheepers (hoogspring en verspring), Miheshco Mouton (100m en 200m), Anro Bouwer (hoogspring), L’Wyk Viljoen (gewigstoot en diskusgooi)
Swem
Jean-Michael Leitner (afrigter), Madison Bergh, Vitoria de Sousa, Roselinda Matyayi, Lorenzo Esterhuizen, Rodney Feris.
Basketbal
Anna Iimene (afrigter), Winnie Mubita, Elanor Maria Neri, Twapewa Nakanyala, Jessica Damon.
Boks
Lasarus Lungameni (afrigter), Vilho Heita (hulpafrigter), Elina Shilongo (vroueboks), Abraham Kalenga.
Fietsry
Hans du Toit (afrigter), Jafet Amukushu (tegnikus), Julius Braun, Mike Baartman, Theodor Janse van Vuuren, Gero Friederich.
Gimnastiek
Petra Thorburn (afrigter), Mohamed Mezaine (afrigter), Sureshni Yara Andrew, Ngaitjitue Handura, Zine-Edine Meziane.
Gholf
Frans Katjimune (afrigter), Jan Pieter (JP) Johnson, Samuel Nel
Tafeltennis
Promise Faleye (afrigter), Kamrouz Ghayouri, Lian Gebauer.
Stoei
Luis Forcelledo Paz (afrigter), Romio Goliath (chaperone), Rusalia Haibodi, Lisias Shipopyeni, Petrus Haibodi, Henrico Durand, Dwayne Tuoro.
• Die 54 lande van wie spanne verwag word: Angola (gasheer), Algerië, Egipte, Libië, Marokko, Soedan, Tunisië, Benin, Burkina Faso, Kaap Verde, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Liberië, Mali, Mauritanië, Niger, Nigerië, Senegal, Sierra Leone, Togo, Kameroen, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Tsjad, Kongo, Demokratiese Republiek die Kongo, Ekwatoriale Guinee, Gaboen, São Tomé en Principe, Burundi, Djiboeti, Eritrea, Kenia, Rwanda, Seychelle, Somalië, Suid-Soedan, Tanzanië, Uganda, Ethiopië, Botswana, Comores, Eswatini, Lesotho, Madagaskar, Malawi, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe.


