Terugkeer na Omaruru vir nuwe hoofstuk
Motocross
Die mans en vroue sal mekaar van nuuts af opkeil.
Motocross-jaers reis opnuut vir ‘n goed georganiseerde byeenkoms na Omaruru waar die plaaslike MX-klub môre die derde rondte van die Namibiese kampioenskapsreeks by sy WKMX-baan aanbied.Tydens die tweede rondte, ook by Omaruru, het 39 ywerige deelnemers die toeskouers in die nege onderskeie klasse vermaak.
Dis ‘n uitgemaakte saak dat adrenalien, hoëoktaanbrandstof en vuurwarm aksie môre weer koning sal kraai.
Luca Brand van Swakopmund wat in die tweede byeenkoms die junior 125 cc-klas ingepalm het, het uitstekend gevaar en derde in die taai King of the Dirt-resies geëindig. Nog ‘n storm kan môre tussen Luca en Juan de Vos in die junior 125 cc-afdeling losbars. Juan en Luca is reusetalente vir die toekoms.
Die jong plaaslike held in die 85 cc-klas, Vincent Griebel, sal beslis môre op sy derde posisie van die tweede rondte wil verbeter.
Die topdrie posisies per klas in die tweede rondte
50 cc: 1 Mason Meyer (75 punte), 2 Delmar du Plessis (66), 3 Duhan Hefer (60)
65 cc: 1 Oliver Mathews (70), 2 Paul Mans (67), 3 Carter Bouwer (64).
85 cc: 1 Leander Metzger (72), 2 Dewet du Plessis (69), 3 Vincent Griebel (60).
Senior 125 cc: 1 Markus Muller (60).
Junior 125 cc: 1 Luca Brand (69), 2 Jarno Metzger (69), 3 Juan de Vos (62).
Vroue: 1 Zoë Waldschmidt (75), 2 Melanize Oberholzer (66), 3 Maike Bochert (60).
Klubmans: 1 Sanene Wittreich (64), 2 Nils Emering (62).
Veterane: 1 Rudi Brand (72), 2 Sigi Pack (67), 3 Olaf Pack (61).
Ope: 1 Mark Sternagel (75), 2 Björn Bierbauer (66), 3 Tommy Gous (60).
King of the Dirt: 1 Mark Sternagel (25), 2 Björn Bierbauer (22), 3 Luca Brand (20).
Puntestand in die kampioenskap ná die tweede ronde
50 cc: 1 Mason Meyer (150 punte), 2 Delmar du Plessis (129), 3 Duhan Hefer (122), 4 Nicky Strauss (115).
65 cc: 1 Oliver Mathews (145), 2 Paul Mans (131), 3 Carter Bouwer (125), 4 Markus Pack (115), 5 Maximillian Skutch (105), 6 Keanu Strauss (99), 7 Sebastian Skutch (92), 8 Arjen van Zyl (85).
85 cc: 1 Leander Metzger (144), 2 De Wet du Plessis (138), 3 Stiaan Hefer (108), 4 Duhan van Wyk (107), 5 Riaan van der Hofen (94), 6 Vincent Griebel (60), 7 Connor Bouwer (58).
Junior 125 cc: 1 Juan de Vos (137), 2 Luca Brand (133), 3 Jarno Metzger (131), 4 Leander Metzger (115), 5 JC Lochner (105), 6 Marco Lindemeier (70), 7 Killian Hamm (48), 8 Zoë Waldschmidt (33).
Vroue-MX: 1 Zoë Waldschmidt (150), 2 Melanize Oberholzer (122), 3 Maike Bochert (120).
Klubmans: 1 Sanene Wittreich (136), 2 Nils Elmering (122), 3 JF van Eeden (69).
Veterane: 1 Sigi Pack (131), 2 Olaf Pack (123), 3 Tony Viljoen (113), 4 Heiko Stranghöner (75), 5 Rudi Brand (72), 6 Ronald Geiger (52), 7 Jorg Stranghöner (38).
Ope-klas: 1 Mark Sternagel (150), 2 Björn Bierbauer (122), 3 Tommy Gous (120), 4 Gero Friederich (57), 5 Jarno Metzger (55), 6 Wanjo Kollmitz (daglisensie, 54).
King of the Dirt: 1 Mark Sternagel (50), 2 Björn Bierbauer (44), 3 Tommy Gous (38), 4 Luca Brand (37), 5 Juan de Vos (34), 6 Jarno Metzger (34), 7 Olaf Pack (29), 8 Sigi Pack (26), 9 Leander Metzger (24), 10 JC Lochner (22).
Yskoue drinkgoed en etes sal by die markiestent beskikbaar wees. Die eerste resies begin elfuur. Toegang beloop net N$20 en kinders onder 12 jaar gaan gratis in.
– [email protected]