PAS IN: WACS-skade veroorsaak glo datavertragings

Iréne-Mari van der Walt
Onlangse onderbrekings tot MTC se stem- en mobiele datanetwerke is glo weens skade aan die Wes-Afrikaanse-kabelstelsel (WACS). Die skade aan die WACS-kabel het glo 'n bottelnek in alternatiewe netwerkroetes veroorsaak wat datadienste vertraag het. MTC het in 'n verklaring gesê dat netwerkprobleme in die Erongostreek nou opgelos is en dat hulle tans daaraan werk om datavertragings in die res van die land aan te spreek.